Jongste Begroting verskaf basis om fiskale volhoubaarheid te bou
Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, se hersiene derde Begroting is in die lig van die huidige omstandighede pragmaties.
Dit is die mening van prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool. In sy kommentaar op die derde Begroting wat op 21 Mei aan die parlement voorgelê is, sê prof Parsons verskeie kompromieë en akkoorde is nou nodig om ’n werkbare wyse te kry om die boeke te balanseer sodat vertroue gebou kan word.