CHPE as wenner van die WGO Afrika-netwerk van vennootinstellings gekies
Die Sentrum vir Gesondheidsberoepe-onderrig (CHPE) aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het gesogte erkenning van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) ontvang nadat dit as ’n wenner in die WGO Afrika-netwerk van vennootinstellings (WHO AFRO Network of Partner Institutions (NPI)) vir gesondheidstelsels gekies is.