Ingenieurswese Nuus
In maer jare kan voedsel met minder hulpbronne geproduseer word
Landbou is aan die voorpunt om voedselsekerheid te waarborg en navorsers aan die Noordwes-Universiteit (NWU) soek deurlopend na meer innoverende en doeltreffender maniere om hierdie lewensbelangrike sektor te bevorder.
Medeprofessor Rojanette Coetzee van die Skool vir Bedryfsingenieurswese fokus op “lenige landbou” om vermorsing te…
Selfbestuurmotors, vinnige kommunikasie en slimstede benodig gevorderde draadlose netwerke om te kan werk
Kunsmatige intelligensie (KI) het kommunikasiestelsels in die hedendaagse moderne wêreld beduidend verander. Die integrasie van KI by verskillende kommunikasiestelsels sal waarskynlik tot meer gevorderde vermoëns en die uitvinding van nuwe toepassings lei – outonome voertuie, buitengewoon vinnige kommunikasiespoed en slimstede gaan deur ’n mens…
News24 kies NWU-innoveerder as ’n Jong Mandela
Die nalatenskap en impak van voormalige president Nelson Mandela om mense se lewens ten goede te verander, is steeds iets om na te streef.
News24 het onlangs hulle Jong Mandelas vir 2024 gekies – en vier ’n nuwe geslag jong kampioene wat daartoe verbind is om die Suid-Afrika van Madiba se drome te bou.
Ian Thomson, ’n PhD-…
Ingenieursweek 2024 inspireer die volgende geslag innoveerders
Dit begin alles by die Noordwes-Universiteit (NWU), en die Fakulteit Ingenieurswese op die Potchefstroomkampus het sy kant gebring om aan daardie missie te voldoen. Die doelwit van die tweejaarlikse Ingenieursweek is al ’n hele paar jaar lank om hoërskoolleerders van graad 8 tot 12 aan ingenieurswese as ’n opwindende loopbaan bekend te stel.…
Onderneming lei tot kitsklaaroplossings vir alledaagse probleme
Die Fakulteit Ingenieurswese aan die Noordwes-Universiteit (NWU) is trots op hulle baanbrekerinnovasies en -navorsing. Een van die fakulteit se interne korporatiewe ondernemings genaamd STRIDE is uniek in dié sin dat dit oplossings vir alledaagse uitdagings verskaf en dadelik gereed is om te gebruik.
STRIDE, wat in 2022 gestig is, het…
NWU ontvang agt benoemings vir ‘Wetenskap-Oscars’
Die Noordwes-Universiteit (NWU) het agt benoemings ontvang vir vanjaar se gesogte NSTF-South32-toekennings. Dit is nóg ʼn pluimpie vir die Universiteit se strewe na uitnemendheid sonder grense.
Die NSTF-Suid 32-toekennings, ook bekend as die 'Wetenskap-Oscars', is die grootste, mees omvattende en een van die mees gesogte nasionale…
Kom ons maak mynbou sexy
Professor Quentin Campbell van die Fakulteit Ingenieurswese aan die Noordwes-Universiteit (NWU) is welsprekend en het ’n manier om iets raak te vat. Toe hy dus sê “dit is tyd om mynbou sexy te maak”, het die teenwoordiges by die NWU se heel eerste mynbou-indaba met ’n grinnik regop gesit.
Prof Campbell het tydens ’n groepsessie as…
Die Noordwes-Universiteit ondersoek samewerking vir landbou-ingenieurswese
Die Enterprise African Regional Network (EARN) gaan steeds ’n groot faktor wees om jongmense na die landbousektor te lok, aangesien dit entrepreneurs uit Afrika toerus met die kennis en vaardighede wat vir die voedselproduserende bedryf nodig is. African Greeneurs van EARN het op Maandag 5 Februarie 2024 ’n besoek aan die Fakulteit…
’n Gedeelde visie vir die toekoms: ’n betrokkenheid wat ’n nuwe era van samewerking inlui
Die Noordwes-Universiteit (NWU) en die Myngesondheids- en -veiligheidsraad (Mine Health and Safety Council, MHSC) het op Maandag 18 Desember 2023 ’n gesprek gehou om samewerking en die ontwikkeling van ’n verhouding te bevorder wat vir albei partye tot voordeel kan wees.
Die vergadering het by die kantoor van die visekanselier in gebou…
Ontmoet ons navorsers
Die fakulteite by die Noordwes-Universiteit (NWU) doen opwindende werk op die navorsingsfront.
Prof Philimon Modisha is ’n medeprofessor in die Fakulteit Ingenieurswese en sy navorsing fokus op die stoor van vloeibare organiese waterstof. Sy navorsing word hoofsaaklik uitgevoer by die Departement van Wetenskap en Innovasie se Waterstof…