Opvoedkunde Nuus
Dit is hoe ons Suid-Afrika se onderwysstelsel ondersteun
Die druk wat op die onderwysstelsel in Suid-Afrika is, kan nie ontken word nie, en die toenemende uitdagings wat die land se jeug in die gesig staar, is selfs groter, om nie te praat van dit wat die onderwysers moet hanteer terwyl hulle verseker dat hierdie jeug opgevoed word nie.
Ten spyte van die beste pogings van soveel toegewyde…
Professor Marius Smit op pad na nuwe horisonne
Professor Marius Smit van die Fakulteit Opvoedkunde het op 17 Augustus sy intreelesing, getiteld The symphony of seeds and harvest – harmonising the law, policy, and interventions to cultivate quality education, gelewer.
Prof Smit het in sy lesing gesê dat die harmonisering en behoorlike robuuste toepassing van die wet, goeie beleide en…
Professor Charlene du Toit-Brits is besig om die paradigma te verskuif
Deur Steve Maphakathe
’n Intreelesing word as ’n betekenisvolle mylpaal in die lewe en loopbaan van ’n akademikus beskou. Dit is ’n geleentheid vir nuwe professorale kollegas om hulle innoverende navorsing op ’n direkte wyse aan te bied.
Professor Charlene du Toit-Brits het haar intreelesing, getiteld…
UNESCO-leerstoel sit sy reis voort op sy pad om deure vir onderwys oop te maak
’n Sleutelagentskap van die Verenigde Nasies het sy vertroue in die Noordwes-Universiteit (NWU) getoon deur die leerstoel oor Multimodale Leer en Oop Opvoedkundige Hulpbronne vir ’n tweede termyn van vier jaar in te stel.
Die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kultuurorganisasie (UNESCO) het die NWU se voorlegging…
Die gebruik van tegnologie om taalonderwysers vir die toekoms voor te berei
Terwyl debatte oor die gehalte van die opleiding van onderwysers voortwoed, is die Noordwes-Universiteit (NWU) besig om te soek na oplossings soos gemengde werklikheid, wat sal verseker dat goed voorbereide en doeltreffende onderwysers die land se klaskamers betree.
Die onlangse bevindings van die 2021-PIRLS-studie (Progress in…
Kollig val op die rol van ouers in die dissiplinering van leerders
Talle studies het ’n sterk korrelasie gevind tussen leerders se vlak van dissipline en hulle akademiese prestasie, met laasgenoemde wat verbeter namate die vlak van dissipline verbeter. Maar watter rol speel ouers in die dissiplinering van hulle kinders?
Dr Nicholas Mollo, senior dosent en subarealeier van Regsperspektiewe, Bestuur en…
Bemagtiging van onderwys: bring tegnologiekennis na verarmde klaskamers
In ’n 4IR-wêreld maak die Noordwes-Universiteit (NWU) seker dat leerders by agtergeblewe skole nie agterbly nie, en dat hulle die gereedskap en kennis het om aan die uitdagings van die immerveranderende werksomgewing te voldoen.
Daarmee in gedagte het die Fakulteit Opvoedkunde op die NWU se Mahikengkampus ’n gemeenskapsprojek geïnisieer…
Nuwe benadering tot praktiese onderwys is nie net kinderspeletjies nie
Dit lyk of LEGO®-blokkies in die klaskamer net so onweerstaanbaar is vir leerders as vir voordiensonderwysers, wat ontdek dat speel en leer op die ou end nie so veel van mekaar verskil nie.
Navorsers by die Fakulteit Opvoedkunde aan die Noordwes-Universiteit (NWU) gebruik hierdie helderkleurige plastiekblokkies vir die praktiese…
René glo dat wonderwerke steeds plaasvind
Om moed op te gee, was nooit ’n opsie vir die 23-jarige René Engelbrecht, wat onlangs haar BEd Grondslagfase-graad aan die Noordwes-Universiteit (NWU) behaal het, nie. Sy het haar graad cum laude verwerf.
Sy is gebore sonder ’n corpus callosum – die massa senuvesels wat die linker-…
Oorbrug die digitale gaping – een skool op ’n keer
Die voordele van wydverspreide en billike toegang tot inligtings- en kommunikasietegnologieë (IKT’s) in Suid-Afrika word beskou as dat dit die potensiaal het om die koers en die trajek van hierdie land ten goede te verander.
Navorsers by die Noordwes-Universiteit (NWU) deel hierdie siening en is daarvan oortuig dat skole as ’n basis kan…