Regte Nuus

Groot eer vir ontluikende navorser

Maricélle Botes se lang reis saam met die Noordwes-Universiteit (NWU) het vrugte gedra. Hierdie finalejaar-PhD-student by die navorsingseenheid vir Reg, Geregtigheid en Volhoubaarheid is deur die Nasionale Navorsingstigting (NNS) met ’n toekenning vir navorsingsuitnemendheid vir die volgende geslag navorsers in die geesteswetenskappe, sosiale…

Van regsboeke na fotoboeke – klink ’n glasie op toekomstige advokate by die finalejaars se afskeidsete

Deur Steve Maphakathe

Die reis van ’n regstudent is ongetwyfeld uitdagend en kort, en hulle tyd by die Noordwes-Universiteit (NWU) het hulle voorberei vir die geleenthede en struikelblokke wat voor hulle lê.

Hulle het ’n paar jaar gelede hier aangekom en is nou amper op pad om hulle verskillende reise…

Forum ondersoek uitdagings van KI-gegenereerde kennis met betrekking tot oorspronklikheid en outeursreg

Deur Steve Maphakate

Die Fakulteit Regte en die Fakulteit Geesteswetenskappe by die Noordwes-Universiteit (NWU) het op die aand van Woensdag 27 September die Kunsmatige Intelligensie (KI) Forum gesamentlik aangebied.

Die gebeurtenis het om KI-gegenereerde kennis gesentreer asook die implikasies daarvan…

Ontmoet ons navorsers

Die fakulteite by die Noordwes-Universiteit (NWU) doen opwindende werk op die navorsingsfront.

Prof Moses Retselisitsoe Phooko is die direkteur van Professionele Ontwikkeling en Gemeenskapsbetrokkenheid in die Fakulteit Regte. Sy navorsing handel oor die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG). Hy verduidelik meer oor wat sy…

Gebruik die reg om geregtigheid en volhoubaarheid te bevorder

Dit is maklik om te sien hoe ’n gebrek aan die behoorlike toepassing van die wet, veral in die Suid-Afrikaanse konteks, uiteindelik tot anargie kan lei, aangesien daar mense is wat die wet doelbewus wil systap.

Gelukkig is daar mense by die Navorsingseenheid vir Reg, Geregtigheid en Volhoubaarheid by die Noordwes-Universiteit (NWU) wat…

Ondersoek maatskaplike geregtigheid in arbeidsreg, en hoe dit gemeet kan word

Maatskaplike geregtigheid in arbeidsreg is nie abstrak en ontasbaar nie – dit is wel meetbaar. Om dit te bewys, is prof Paul Smit, ’n navorser in arbeidsverhoudinge, besig om te ondersoek of dit moontlik is om ’n telkaart vir maatskaplike geregtigheid te ontwikkel, soortgelyk aan ’n telkaart vir indiensnemingsgelykheid of vir breë swart…

Meld by die “hof” aan vir die NWU-Juta-Skynverhore

Dit is weer eens tyd vir studente om hulle regterlike togas vir die jaarlikse NWU-Juta-Skynverhore-kompetisie om te hang.

Hierdie jaar se kompetisie beloof om veral opwindend te wees, met die semifinale en die finaal wat respektiewelik op 6 en 7 Augustus in die Noordwes Hoë Hof in Mahikeng plaasvind. Die openingsfunksie word op 4…

Mislukking van banke in Zimbabwe is die gevolg van swak regulatoriese toesighouding

Die algemene mislukking van banke in Zimbabwe oor die afgelope 20 jaar is nou verklaar: ’n vername rede is die ontoereikende toesighouding oor bankinstellings deur die Reserwebank van Zimbabwe (RBZ) en ander regulatoriese liggame.

Dit is volgens die doktorale studie van Menelisi Ncube, wat onlangs as ’n doktor in die regte in handelsreg…

Gebruik die reg om geregtigheid en volhoubaarheid te bevorder

Wanneer dit kom by die soek van innoverende oplossings vir die maatskaplike en omgewingsuitdagings wat Suid-Afrika moet hanteer, is die Navorsingseenheid vir Reg, Geregtigheid en Volhoubaarheid van die Noordwes-Universiteit (NWU) aan die voorpunt.

“Die navorsingseenheid benut die reg om innoverende juridiese oplossings te kry om as ’n…

Munisipaliteite moet die belangrikheid van vullissmouse erken

Meer as 100 000 mense in Suid-Afrika begin om die vullissmoussektor as bron van werk te gebruik. Dit is volgens Nonhlanhla Ngcobo, ’n PhD-student en navorser by die Suid-Afrikaanse navorsingsleerstoel in stede, die reg en omgewingsvolhoubaarheid (Cities, Law and Environmental Sustainability) by die Fakulteit Regte op die Noordwes-Universiteit (…