Natuur- en Landbouwetenskappe Nuus
Prof Raubenheimer bevorder kwantitatiewe risiko-ontleding
Prof Helgard Raubenheimer, direkteur van die Sentrum vir Bedryfswiskunde en Informatika (CBMI) in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU), het ’n aanbieding wat sy kundigheid demonstreer vir die gemeenskap van die Nasionale Instituut vir Teoretiese en Berekeningswetenskap (NITheCS) gelewer.
Die…
Noordwes-Universiteit op die voorpunt van landbou-innovasie
Gewasproduksie in Suid-Afrika lê in die skadu van stormwolke, en nie die tipe waarna boere smag nie. ʼn Swetterjoel onsekerhede span saam om die vooruitsigte vir die land se gewasboere te verduister, wat klimaatsverandering, waterskaarste, gronddegradasie, siektes, ekonomiese onstabiliteit sowel as infrastruktuur- en energiebeperkinge insluit.…
Gebruik van Afrika-plante en inheemse kennis in die bestuur van diabetes
Navorsing van die Noordwes-Universiteit (NWU) en vennootinstellings het die rol beklemtoon van Afrika-plante en inheemse kennis in die bestuur van diabetes mellitus, ’n chroniese en potensieel dodelike metaboliese siekte wat miljoene mense wêreldwyd aantas.
Die studie, wat in die vaktydskrif Diabetology gepubliseer is, verduidelik hoe…
Innoverende oplossings aan die orde van die dag by die SCSIS se projekvoorleggingsdag vir honneursgraadstudente
Die Skool vir Rekenaarwetenskap en Inligtingstelsels (SCSIS) op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het op 10 Oktober 2024 sy jaarlikse projekvoorleggingsdag vir honneursgraadstudente by die The Roots-venue in Potchefstroom gehou. Die geleentheid het die innoverende projekte en navorsing vertoon wat deur die skool se 32…
Navorsing ondersoek die behoefte aan ’n streeksbeleid in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap
Die skepping en uitvoering van supranasionale streeksbeleide is ’n kritieke eerste stap om streke voor te berei om kernspelers op die wêreldwye verhoog te word. Die doel van sulke beleide is om ’n streek se basis te moderniseer en te herstruktureer, en volhoubare ontwikkeling oor grense heen te bevorder en aandag aan ekonomiese en maatskaplike…
Die vervanging van antibiotika in hoendervoer met fulviensuur kan boere en verbruikers tevrede stel
Hoenderboere in minderbevoorregte gemeenskappe sukkel om voerkoste laag te hou terwyl hulle in die toenemende verbruikersvraag moet voorsien. ’n Meestersgraadstudent van die NWU het ’n potensiële wen-wen-oplossing ondersoek.
Keamogetswe Constance Mokubung het onlangs haar meestersgraad in dierewetenskap onder leiding van prof Upenyu…
Afrika-kruie en nanotegnologie ’n kombinasie met ongelooflike resultate
Mieliesaad loop vinnig uit en word florerende saailinge wanneer dit voorvoer-bemesting kry wat gemaak is van nanodeeltjies wat uit ’n inheemse Afrika-krui, impepho, verkry is.
Hierdie kragtige krui (helichrysum odoratissimum), ook bekend as kooigoed en Afrika-salie, is die kern van die navorsing van dr Bongiwe Dhlamini-Zungu, ’n…
Berei die pad voor vir Suid-Afrika se sirkulêre ekonomie
Die dae van die weggooi-ekonomie is iets van die verlede. Omgewingswetenskaplikes en baanbrekers soos prof Linda Godfrey van die Noordwes-Universiteit (NWU) is die dryfkrag agter die veldtog vir ’n florerende sirkulêre ekonomie.
Met meer as 20 jaar wat aan die bestudering van die afvalsektor gewy is, het prof Godfrey gesien hoe…
Hoe bruin seewier en gebruikte oestersampioensubstraat vir hoendervoer gebruik kan word
Een van die grootste uitdagings wat Afrika in die gesig staar, is voedselsekerheid. Dr Godfrey Mhlongo, ’n onlangse PhD-gegradueerde in dierewetenskap aan die Noordwes-Universiteit (NWU), glo dat inheemse hoenders, bruin seewier en oestersampioensaad kan help om die vasteland te voed en die omgewing te bewaar.
Hy het navorsing…
Verseker ’n toekoms vir trekvisspesies
Die Waternavorsingsgroep (WNG) van die Skool vir Biologiese Wetenskappe en die Eenheid vir Omgewingswetenskappe en -bestuur aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het met Nature-I-Am saamgewerk om Wêreld Vismigrasiedag te vier. Kinders tussen die ouderdomme van 4 en 13 van twintig verskillende skole regoor Potchefstroom, Stilfontein en Fochville…