News24 kies NWU-innoveerder as ’n Jong Mandela
Die nalatenskap en impak van voormalige president Nelson Mandela om mense se lewens ten goede te verander, is steeds iets om na te streef.
News24 het onlangs hulle Jong Mandelas vir 2024 gekies – en vier ’n nuwe geslag jong kampioene wat daartoe verbind is om die Suid-Afrika van Madiba se drome te bou.
Ian Thomson, ’n PhD-student en dosent in die Fakulteit Ingenieurswese van die Noordwes-Universiteit (NWU), is een van hierdie 30 buitengewone jongmense wat vir hulle merkwaardige prestasies gekies is. Hy is as die wenner in die innovasiekategorie aangewys.