Gesondheidswetenskappe Nuus
Die QS-ranglys plaas NWU-vakgroepe in die boonste groepering wêreldwyd
Die Noordwes-Universiteit (NWU) skitter steeds op internasionale ranglyste. Die jongste Quacquarelli Symonds (QS) World University Rankings vir vakgroepe plaas vier van die NWU se vakgroepe in die top-850 wêreldwyd, met een van hulle in die 301-tot-350-kategorie. Die vakgroepe is landbou, omgewingswetenskappe, fisika en medisyne. QS het hulle…
NWU bevorder impakvolle voedingleierskapsopleiding in Afrika
Ná onlangse verwikkelinge is impakvolle leierskap in voeding nou meer as ooit nodig. Die Verenigde Nasies (VN) se dekade van aksie oor voeding (United Nations (UN) Decade of Action on Nutrition*) kom hierdie jaar tot ’n einde en USAID-befondsing vir Afrika en ander ontwikkelende lande het tot ’n skielike stilstand gekom.
Afrika bring sy…
Die effek van chroniese medikasie verdwyn in die rook
Mediese kundiges stem saam dat rook ’n gesondheidsgevaar is, maar talle rokers regverdig hierdie gewoonte deur te beklemtoon hoe kalmerend en sosiaal dit kan wees. Sommige rokers van plante soos dagga wys ook op die mediese voordele wat sommige studies getoon het.
’n Nuwe studie by die Noordwes-Universiteit (NWU) daag egter die rokers…
Watter produkaanduidings beïnvloed verbruikers se waargenome waarde van varkvleis?
Die eet van varkvleisprodukte neem toe as gevolg van die bekostigbaarheid, veelsydigheid en hoë proteïeninhoud van die vleis.
’n Noordwes-Universiteit (NWU) navorsingsprojek van die Verbruikerswetenskappe-vakgroep in die Skool vir Toegepaste Gesondheidswetenskappe fokus op aanduidings rakende voedselprodukte (sensoriese en niesensoriese…
Perinatale geestesgesondheid is van die grootste belang vir beter uitkomste vir gesinne
’n Navorser van die Noordwes-Universiteit (NWU) het haar navorsing gewy aan die bevordering van perinatale geestesgesondheid in Afrika.
Dr Patience Kovane, senior lektor en navorsingskoördineerder by die navorsingsfokusarea vir Kwaliteit in Verpleging en Vroedvrousorg (NuMIQ) in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, sê haar missie is om…
Navorsing fokus op middelmisbruik en verbeterde geestesgesondheidsorg
Prof Leepile Alfred Sehularo se navorsing oor geestesgesondheid en middelmisbruik het uitgeloop op die ontwikkeling van ’n program wat ontwerp is om volwassenes sowel as leerders te ondersteun en fokus veral op die misbruik van onwettige middels in Noordwes.
Hy is die direkteur van die navorsingsnisarea vir Leefstylsiektes in…
Doel! Nuwe visie vir jong vroulike netbalspelers
’n Sportsigprogram kan visuele en motoriese vaardighede by jong netbalspelers beduidend verbeter. Dit is volgens die navorsingsbevindings van prof Dané Coetzee van die Skool vir Biokinetika, Rekreasie en Sportwetenskap aan die Noordwes-Universiteit (NWU) en haar navorsingsvennoot, dr Elna van der Merwe.
Hulle navorsingsartikel getiteld…
Beter ondersteuning vir psigiatriese verpleegkundiges beteken beter geestesgesondheidsorg
Verbeterings in die ondersteuningstelsels vir psigiatriese verpleegkundiges in die Noordwesprovinsie sal ’n direkte impak op die gehalte van die sorg vir kinders met geestesgesondheidsprobleme hê.
Dit is een van die bevindings van ’n onlangse studie wat deur dr Rorisang Machailo, ’n akademikus by die Skool vir Verpleegkunde aan die…
Navorsers in die kalklig
Navorsers van regoor die fakulteite by die Noordwes-Universiteit (NWU) gaan voort om opwindende werk op hulle kundigheidsgebiede te doen.
Ons stel die werk van twee navorsers bekend - prof Muchativugwa Liberty Hove, adjunkdirekteur vir die Skool vir Tale in Onderwys, en dr Wihan Pheifer, senior dosent by die DSI/NWU Prekliniese…
NWU bied deurslaggewende leierskap oor voeding in Malawi aan
Die Noordwes-Universiteit (NWU) is vasbeslote om in ooreenstemming met die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte ’n deurslaggewende rol op die Afrika-vasteland te speel.
’n Uitstekende voorbeeld hiervan is die African Nutrition Leadership Programme (ANLP) van die Sentrum van Uitnemendheid in Voeding (CEN) by die NWU, wat…