Sportnuus

NWU Eagles sit vir Tuks ore aan

Alles loop weer klopdisselboom. Ná ’n effense insinking teen Maties ’n week gelede, is die NWU Eagles weer op die voorvoet nadat hulle UP Tuks tydens die Varsitybekertoernooi in Pretoria met 26–22 kafgedraf het. Die seëvierende besoekers het vier drieë gedruk– twee deur Tino Swanepoel en een elk deur Keano Windvogel en Theuns Pretorius.…

Ronel Emms: “Daar kan boeke oor haar geskryf word.”

Sy is die onbetwiste moederfiguur van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Rugbyinstituut. Sy is een van die helde agter die skerms. Sy is die vriendelike gesig wat jou eerste groet. Sy is Ronel Emms, en sy het net soveel aandeel aan die Rugbyinstituut se bultende trofeëkas as al dáái drieë wat goud ingesamel het.

As sekretaresse van die…

Afrika-pluimbalkampioenskapstoernooi in Benoni

Afrika se toppluimbalspelers – waaronder drie studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) – het van 13 tot 29 Februarie by die John Barrable-saal in Benoni aan die Oos-Rand bymekaargekom om vas te stel wie ’n pluimbalraket die beste kan swaai.

Die geleentheid was die All Africa-pluimbalkampioenskap en die NWU-studente was Deidré…

Maties stuit Eagles se droombegin

Daar kom die Noordwes-Universiteit Eagles se droombegin vir hulle Varsitybeker-veldtog tot ʼn einde. ʼn Naelskraapse 31–28 nederlaag teen Maties Maandagaand 6 Maart op die Fanie du Toit-sportterrein beteken dat die Eagles se segetog van twee agtereenvolgende oorwinnings nou iets van die verlede is, maar dit het op ’n stadium gelyk of die teendeel…

Riaan Genis: Dit is sy tyd

Dit was so onverwags soos ’n bliksemstraal op ’n sonnige dag. Die Noordwes-Universiteit (NWU) Eagles het ’n paar maande gelede in ’n opwarmingswedstryd teen Wits gespeel.

Die gelukbringerkaptein Ruan "Sampie" Swiegers het die span op die veld gelei. Nadat hy die Eagles se kaptein tydens die 2022 Varsitybeker was, het hierdie vasskopstut…

James Small se groot impak

Hy het sy hart op sy mou gedra. Vreesloos. ’n Kort humeur. Emosioneel. Stoute derduiwel. Pierewaaier. Kapokhaan van formaat. Hy was berug. Joernaliste het sy manewales soos soetkoek opgeëet en dié begaafde vleuel het dit met oorgawe opgedis. James Terence Small – 47 toetse, 20 drieë. Die eerste Suid-Afrikaner wat met ʼn kaart van die veld…

Onder-19-wêreldbekervuurwerke gee vrouekrieket ’n hupstoot

Hoe lank sal krieket nog as die “Gentleman’s Game” bekendstaan, of is daardie bynaam reeds iets van die verlede? Vrouekrieket het hand oor hand toegeneem en hierdie tendens het in 2023 voortgegaan met die IKK se Onder-19 Krieket Wêreldbeker vir Vroue.

Die gebeurtenis is in Suid-Afrika aangebied en het op drie plekke plaasgevind, naamlik…

Burger nou Rugbyinstituut se veldmaarskalk

Dit is ʼn snikhete Donderdagmiddag met die kwik wat so hoog styg soos beurtkraggemoedere. Die Rugbyinstituut van die Noordwes-Universiteit (NWU) se spankamer, aikona, oorlogkamer, is egter koel. ʼn Tafelgrootte replika van ʼn rugbyveld begroet jou as jy instap, asook Burger van der Westhuizen, die NWU Eagles se nuwe Varsitybeker-afrigter.

Andre Fouché is Rugbyinstituut se beste

Sy naam is sinoniem met ongenaakbare verdediging, seepgladde vaardighede en ʼn kanniedood-enjin sonder ʼn trurat. Andre Fouché is ʼn yster wat in die NWU Rugbyinstituut se oond gegiet is en vanjaar het hy die tonge los gespeel.

Tydens die NWU Rugbyinstituut se jaareindfunksie is Fouché as die Rugbyinstituut se Varsitybeker Speler van die…

Jo-Ané en Alan is NWU se atletiektrots

Sy is die heersende, verdedigende en onbetwiste spiesgooikampioen van die Noordwes-Universiteit (NWU), en Jo-Ané van Dyk is onlangs weer as die Potchefstroomkampus se Sportvrou van die Jaar aangewys. Dié uitnemende spiesgooier het weereens in 2022 haar staal op die internasionale verhoog gewys, waar sy Suid-Afrika by die Afrikaspele, die…