Gemeenskapsnuus

Hoe tegnologie en gemeenskapsbetrokkenheid die gaping tussen gemeenskappe en regshulp kan oorbrug

Wanneer gemeenskapslede regshulp nodig het, ervaar hulle dikwels groot struikelblokke omdat hulle ontoereikende finansiële hulpbronne het. Een manier om lede van die publiek met regsdienste te skakel, is om aanlyn kanale te gebruik.

Dit is een van die moontlike oplossings wat in die navorsing van prof Lusanda Beauty Juta, waarnemende…

Verf, besprekings en aanbidding skep ’n geleentheid om te onthou

Sip-and-paint-geleenthede is meer as net ’n byderwetse aktiwiteit – dit is ’n heerlike kombinasie van kreatiwiteit, ontspanning en sosiale interaksie, wat ’n ruimte bied waar mense aan hulle kunstigheid uiting kan gee, ander mense kan ontmoet en kan ontspan.  

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Teologie en die King of Glory…

’n Enkele boek kan ’n wêreld van moontlikhede vir jong denkers oopmaak

“Wanneer jy leer om te lees, sal jy vir altyd vry wees.” Dit is ’n aanhaling wat dr Mathew Moyo, hoofdirekteur vir Biblioteek  en Inligtingsdienste (LIS) aan die Noordwes-Universiteit, onderskryf. 

Hierdie woorde, wat vir die eerste keer deur die maatskaplike hervormer Frederick Douglass geuiter is, som op hoe belangrik boekdonasies vir…

Fakulteit Geesteswetenskappe: bevorder betrokkenheid en maatskaplike verandering

Die Fakulteit Geesteswetenskappe (FHUM) aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het ’n bemoedigende benadering tot die onderwys wat verder as handboeke en lesings strek. Studente en personeel is hier op ’n reis wat nie net denke slyp nie, maar ook harte aanraak, en ’n gevoel vir verantwoordelikheid skep om die wêreld ’n beter plek te maak. Die FHUM…

Plastiekbesoedeling plaas ’n demper op vierings

Daar word geskat dat 10 miljoen klein stukkies plastiek op die grasperk voor die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Regte in Potchefstroom lê, en die grond op die Fanie du Toit Sportterrein het ook hoë vlakke van plastiekbesoedeling. Dit plaas ’n demper op die vierings wat dikwels in hierdie ruimtes gehou word, en waar…

Kyk na volhoubare landbou om grond te bewaar

Pluimveemis kan boerderypraktyke in Suid-Afrika omkeer, veral vir bestaansboere in landelike gebiede. Dit is een van die navorsingsbevindings van Mandisa Mazibuko, ’n navorser van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe.  

Haar navorsing ondersoek die effek van pluimveemis op geselekteerde mieliekultivars en grondminerale met ’n…

’n Fakulteit wat omgee stap die ekstra myl vir leerders

Graad 12-leerders is op die drumpel van volwassenheid en moet besluite vir hulle toekomstige loopbane en leefstyle neem. Die las van hierdie besluite en verwagtings van ouers, onderwysers en die samelewing kan oorweldigend wees.

Te midde van hulle stres en bekommernisse, kan hulle op mentors soos prof Fazel Freeks, medeprofessor en…

Reserwebank bly baie versigtig te midde van onsekerhede

“Hoewel die meeste ontleders glo dat die rentekoerse in Suid-Afrika nou hulle hoogtepunt bereik het – indien daar nie groot skokke op ons wag nie – beskou die Monetêrebeleidskomitee (MBK) van die Suid-Afrikaanse Reserwebank om verstaanbare redes steeds die inflasierisiko’s as hoog.”

In sy kommentaar op die besluit van die MBK op 27…

NWU en ABSA: strategiese vennootskap om innovasie en finansiële samewerking te bevorder

Banke verskaf finansieringsopsies vir verskillende projekte en inisiatiewe, en die Noordwes-Universiteit (NWU) kan in vennootskap met ABSA Bank Beperk die proses van die hantering van finansieringsake vir personeel en studente bevorder.

Afgevaardigdes van ABSA het op Maandag 26 Februarie op die Potchefstroomkampus met hooggeplaastes van…

Vennootskap bemagtig Malawiese dieetkundiges

’n Kundige span dokters en verpleegkundiges is nodig om doeltreffende behandeling te verseker vir pasiënte wat kritiek siek is. ’n Noodsaaklike toevoeging tot hierdie span is die dieetkundige, aangesien studies getoon het dat sonder die leiding van voedingskundiges, talle pasiënte aan wanvoeding ly terwyl hulle in die hospitaal versorg word.…