Jongste MTBBV skets ’n nuwe beskouing van ekonomiese rigting
In die lig van die fyn begrotingslyn wat steeds bewaar moet word deur die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, kom die eerste Mediumtermynbegroting-beleidsverklaring (MTBBV) van die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) oor as ’n pragmatiese, realistiese en geloofwaardige strategie om Suid-Afrika se uitdagings van lae ekonomiese groei en hoë staatskuld die hoof te bied.