NWU Besigheidskool

Jongste besluit deur die Monetêrebeleidskomitee verhoog onvermydelik die risiko vir oordrywing in die ekonomie

Die Monetêrebeleidskomitee (MBK) het op 25 Mei eenparig besluit om rentekoerse met ’n verdere 50 basispunte (bsp) te verhoog, en risiko’s vir inflasievooruitsigte wat steeds hoog is, aangevoer. Die MBK se vernaamste bekommernisse draai steeds om die moontlike tweederondte-uitwerking van hoër wesensinflasie en wisselkoersrisiko’s.

Submitted on Fri, 05/26/2023 - 13:51

Die NWU Besigheidskool ontvang nog ’n internasionale akkreditasie

Die Noordwes-Universiteit (NWU) Besigheidskool het onlangs sy akkreditasie by die vereniging vir besigheidskole in Afrika (Association of African Business Schools, AABS) ontvang. Die NWU Besigheidskool is deur die senior bestuurder vir Akkreditasie en Kwaliteit, dr Lungile Ntsizwane, verteenwoordig by die 2023 AABS Connect-konferensie, wat deur die Ghana Institute of Management and Public Administration (GIMPA) in Accra aangebied is.

Submitted on Wed, 05/24/2023 - 15:48

Vergadering bring verenigde kommunikeerders en oudiovisuele vakkundiges byeen

Die heel eerste vergadering van diegene wat in verenigde kommunikasie (integreerders van verskillende kommunikasieinstrumente en -dienste) en oudiovisuele dissiplines werk, was ’n dawerende sukses.

Meer as 60 afgevaardigdes van 19 universiteite en verskillende ondernemers het op 13 en 14 April hierdie spesiale belangegroep*vergadering by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool in Potchefstroom bygewoon. Die vergadering het deur gedeelde ervarings en insigte ’n waardevolle geleentheid vir netwerking gebied.

Submitted on Thu, 05/18/2023 - 12:14

Energie-uitdaging is die grootste bedreiging vir ekonomiese prestasie

Die styging in die jaarlikse verbruikersprysinflasie van 7,0% tot 7,1% in Maart was strydig met die markverwagtings, wat was dat die verbruikersprysindeks (VPI) moontlik teen nou ’n matige afname tot ongeveer 6,7% kon getoon het.

Volgens prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, is voedselpryse die vernaamste probleem. “Die koers van inflasie teen 7,1% bly dus ver bokant die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) se teikenstrek van 3% tot 6%.”

Submitted on Thu, 04/20/2023 - 09:46

Studie ondersoek die samesmeltings van hoëronderwysinstellings

’n Onlangse studie wat deur ’n PhD-gegradueerde en personeellid van die Noordwes-Universiteit (NWU) Besigheidskool, dr Lungile Ntsizwane, uitgevoer is, het gekyk hoe om administratiewe stelsels en prosesse tydens samesmeltings binne Suid-Afrikaanse hoëronderwysinstellings makliker te integreer.   

Sy sê hoëronderwysinstellings gaan deur ’n ingewikkelde bestuursveranderingsproses wanneer hulle saamsmelt.

Submitted on Fri, 03/31/2023 - 11:09

Paneellede dink na oor resessierisiko’s in Suid-Afrika ná die Begroting

Indien die verhoogde fiskale risiko’s sou materialiseer wat in die Begrotingstoespraak op 22 Februarie 2023 uiteengesit is, kan die Suid-Afrikaanse ekonomie later hierdie jaar goedskiks in ’n resessie verval, sê ’n paneel kundiges wat vandag tydens ’n Pitso van die NWU Besigheidskool die Begroting bespreek het.

Submitted on Mon, 02/27/2023 - 12:41

Begrotingstoespraak is ’n geloofwaardige reaksie op ekonomiese uitdagings

Die toespraak oor die 2023 Begroting was ’n verrassingvrye, pragmatiese en geloofwaardige reaksie op ’n stel uitdagende internasionale en plaaslike ekonomiese omstandighede.

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, het kommentaar gelewer op die 2023 Begroting wat deur die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, aan die parlement voorgelê is.

Submitted on Thu, 02/23/2023 - 10:01