Studentelewe Nuus

Noordwes-Universiteit vereer sy uitmuntende navorsers

Die NWU het op 3 Desember 2020 sy allerbeste navorsers en innoveerders tydens ’n virtuele toekenningsaand vereer.

Talle van die uitmuntende personeellede het by die geleentheid erkenning vir hulle uitnemendheid in navorsing in 2019 ontvang, waarby navorsers met nuwe NNS-graderings…

NWU-ontwerpers skitter weer eens by groot kompetisies

NWU-ontwerpers skitter weer eens by groot kompetisies

Studente en gegradueerdes van die NWU se Grafiese Ontwerp-vakgroep het weer eens geskitter toe hulle in die onlangse internasionale Loerie-toekennings en nasionale Pendoring-toekennings talle oorwinnings behaal en benoemings ontvang het. Hulle het ook in verskeie…

Geslagsgebaseerde geweld – hulp is nodig

Daar was oor die afgelope vyf maande talle verhale in die media oor slagoffers wat deur hulle lewensmaats getreiter, aangeval en selfs vermoor is. Volgens Statistieke SA is die voorkoms van geslagsgebaseerde geweld (GBV) in Suid-Afrika vyf keer hoër as die wêreldwye gemiddelde.

Prof…

Rentekoerse onveranderd gelaat soos verwag

Prof Raymond Parsons, ekonoom by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, sê dat die Monetêre Beleidskomitee (MBK) se jongste besluit om weer eens die rentekoers onveranderd te laat, te wagte was in die lig van die ekonomiese model waarop die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) sy sake hanteer.

“Die MBK het weer eens…

NWU-navorsingsgroep lewer ’n bydrae tot internasionale voëlstudie

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se navorsing oor die genetiese data van dwergpapegaaie, oftewel lovebirds (genus Agapornis), is by ’n omvattende internasionale voëlstudie ingesluit. Nege dwergpapegaaispesies kom inheems in Afrika en Madagaskar voor.

Hierdie navorsing het ook gelei tot ’n patent en die moontlike kommersialisering van ’n…

Klubspeler Kazlo spog met 50 eerstespanwedstryde

Om vir 50 eerstespanwedstryde vir jou rugbyklub op die veld te draf, is voorwaar ’n uitsonderlike prestasie. Dié eer het Kazlo Holtzhauzen van die Noordwes-Universiteit (NWU) se rugbyklub in Vanderbijlpark – die NWU Vaal Rugbyklub – vroeër vanjaar te beurt geval.

Die 27-jarige Kazlo blink nie net as speler vir die klub uit nie, maar ook…

Alumnus publiseer openbarende lewensbeskrywing oor geestesgesondheid

Toe dr Kleinjan Redelinghuys, ’n postdoktorale navorsingsgenoot van Optentia en kundige in bedryfsielkunde, onlangs sy boek, Unfiltered: Grappling with mental illness, gepubliseer het, het hy twee doelwitte gestel.

Die eerste was om te skryf oor ’n kant van homself wat mense nog nooit gesien het nie – ’n kwesbare, sukkelende en deurmekaar…

Ilze volg haar sportdroom voluit

Ilze du Plessis glo dat jou ingesteldheid bepaal of jou lewenspad met dorings of met roosblare besaai sal word. En kyk jy na die rits prestasies wat dié 18-jarige eerstejaarstudent aan die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) al op die sportveld verwerf het, word dit duidelik dat sy op sukses gefokus is.

“…

NWU-alumni en vriende hou wêreldklaskonsert

Potchefstroom – Alumni van die Noordwes-Universiteit (NWU) het die afgelope naweek vir die heel eerste keer ’n virtuele konsert aangebied met musikante van verskeie genres, maar wat almal vanuit die NWU-stal kom.

“Hierdie konsert is maar net nog een van die kreatiewe wyses waarop die NWU gedurende die Covid-19-uitbreking kontak met…

Fakulteit staan gesin by ná verwoestende brand

Die personeel van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het hulle harte oopgemaak vir ’n gesin wat feitlik al hulle besittings in ’n verwoestende huisbrand in Mahikeng verloor het.

Die brand, wat in die laaste week van Mei uitgebreek het, het feitlik die hele HOP-huis in Danville, Wyk 17 in puin…