Studentelewe Nuus
NWU se Optentia spog met ’n nuwe PhD in Verhoudingsdinamiek en Ontwikkeling
In nog ’n eerste vir die Noordwes-Universiteit (NWU) het die Optentia-navorsingsfokusarea onlangs die byvoeging van ’n innoverende nuwe doktorsgraad in Verhoudingsdinamiek en Ontwikkeling by sy reeds indrukwekkende nagraadse repertoire gevoeg.
Die program, Philosophiae Doctor in Sosiale Wetenskappe met Verhoudingsdinamiek en Ontwikkeling, is…
NWU se Leopard’s Lair-kompetisie – topstudentepreneur deel advies
Die sperdatum vir inskrywings vir die 2020-weergawe van die Noordwes-Universiteit (NWU) se gewilde Leopard’s Lair-besigheidskompetisie kom nader, en alle studentepreneurs word uitgenooi om deel te neem.
As jy meen dat jy ’n innoveerder met ’n unieke besigheidsidee is, is hierdie kompetisie net vir jou, en bied jou die geleentheid om jou…
NWU-kolfkoning droom van beroepskrieket
Dit kos mannemoed en durf om ʼn kolfbeurt te open en ʼn vasberade aanvangsnelbouler stip in die oë te kyk. Die 22-jarige Ruan Havenga, aanvallende aanvangskolwer van Noordwes-Universiteit (NWU) se krieketspan in Vanderbijlpark, laat hom egter nie van stryk bring nie en droom daarvan om homself as ʼn beroepskrieketspeler te vestig.
Dit…
Amanda is die NWU in Vanderbijlpark se elite netbalafrigter
Amanda Dreyer is ʼn netbalafrigter sonder weerga, en is tans een van slegs twee elite netbalafrigters in die Sedibeng-streek. Sy is ook die afrigter van die Noordwes-Universiteit (NWU) se netbalspan in Vanderbijlpark.
In die tyd waarin die Covid-19-pandemie die sportwêreld vir eers tot stilstand gedwing het, is Amanda baie opgewonde…
Romeo haal die podium in die #ZAVentilatorChallenge
Daar is regoor die wêreld groot bekommernis oor die tekort aan mediese toerusting – veral ventilators – vir die stryd teen die Covid-19-pandemie. Namate die getal bevestigde gevalle in Suid-Afrika daagliks toeneem, berei die privaat en openbare sektor hul vir die verwagte behoefte voor, maar dit is nog onduidelik of ons genoeg ventilators sal hê…
NWU se Tinotenda: meester van die basketbalbaan
Tinotenda Chirara het op die vroeë ouderdom van 10 jaar verlief geraak … op basketbal. Vandat hy destyds in 2006 aan die sport bekendgestel is, het hy die basketbalbaan oorheers, en sy doelwitte een doel op ’n keer bereik.
Hierdie 24-jarige tweedejaar-BA-student op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark is ’n…
NWU se Leopard’s Lair-kompetisie: aandag alle jong entrepreneurs
Het jy wat nodig is om die luiperd in sy lêplek aan te durf en jou man (of vrou) as jong entrepreneur te staan? Het jy ’n sake-idee wat baie vernuwend is? Beskou jy jouself as ’n innoveerder? Indien wel, is die Noordwes-Universiteit (NWU) se gewilde Leopards Lair-kompetisie net die ding vir jou!
Die kompetisie word hierdie jaar die vierde…
Niks kunsmatig aan hulle kundigheid nie
’n Klein navorsingsgroepie aan die Noordwes-Universiteit (NWU) is besig om werklike belangstelling in hulle werk oor kunsmatige intelligensie (KI) te ontlok.
“Die mate van belangstelling was ietwat van ’n verrassing,” sê prof Marelie Davel, wat onlangs saam met PhD-student Tian Theunissen na New York, VSA, gereis het om hulle jongste…
Alumnus ryg nominasies vir Mzansi Youth-toekennings in
Vincent Kheswa is ’n man van vele talente. Hy is bekend as opvoeder, digter, skrywer, openbare spreker, liedjieskrywer en opnamekunstenaar. En nou is hierdie talentvolle alumnus van die Noordwes-Universiteit (NWU) ook ’n genomineerde in vele kategorieë in die jaarlikse multibedryf-Mzansi Youth-toekennings (MYA’s).
Vincent het in ’n…
Sorg vir onsself en die mensdom tydens die Covid-19-pandemie
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het in Maart 2020 die uitbreking van ’n nuwe koronavirussiekte (Covid-19) tot ’n wêreldwye pandemie verklaar. Talle mense word nou deur gevoelens van bekommernis of angstigheid oorval, veral deur die waarskuwings wat die hele tyd verander, die mediadekking, en die nasionale staat van inperking as gevolg van…