Studentelewe Nuus
NWU vereer uitnemendheid in gemeenskapsontwikkeling
Dertien akademici van die Noordwes-Universiteit (NWU) het erkenning vir hulle uitnemendheid in gemeenskapsontwikkeling ontvang.
Hulle is op 31 Maart tydens die NWU se toekenningseremonie vir uitnemendheid in gemeenskapsontwikkeling (GO) vereer.
Die…
Ma en se seun deel hul eerste jaar op universiteit saam
Met ’n ouderdomsgaping van 25 jaar tussen hulle is ma en seun Susan en Janu Fouche albei aanvaar om hulle eerste jaar by die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) te doen.
Die drie-en-veertigjarige Susan studeer vir ’n kwalifikasie in maatskaplike werk, terwyl haar 18-jarige seun ’n graad in rekenaar…
NWU bied ’n “Potchpourri” van wonderlike musiek aan
Die Noordwes-Universiteit se jaarlikse Potchpourri-konsertreeks beloof om ’n heuglike vertoning te wees van die baie talente van die personeel by die NWU se Skool vir Musiek en ander Suid-Afrikaanse musikante wat die entoesiaste van klassieke musiek in vervoering sal hê.
Die 2021-…
NWU-kompetisie ontdek en ontwikkel die volgende geslag vroue-ingenieurs
Is jy ’n hoërskoolmeisie wat na die wêreld om jou kyk en maniere uitdink waarop jy dit beter kan maak? Jy kan deel wees van die volgende geslag vroue-ingenieurs wat met vars, innoverende idees ’n groot impak kan maak, nie net op Suid-Afrika en Afrika nie, maar ook in die wêreld!
Jy…
Enkellopend en mal daaroor: Hoe om bemarking aan die toenemende groep enkellopendes te doen
Die kerngesin van toeka, die naoorlogse kinders, die verkwisters van Gen-X, die meer sosiaal-verligte die Gen-Y’s en die digitaal-afhanklike millenniërs, staan opsy: enkellopendes (singletons) is nou baas van die kommersiële plaas!
Namate die term “gesin” geëvolueer, aangepas en…
Wêreldkampioen, een in ʼn miljoen
Sy was slegs vyf jaar oud toe haar lewe een Saterdag in Oos-Londen onherroeplik verander het – toe daar uit tragedie ʼn kampioen verrys het.
“Ek onthou dit alles so goed,” vertel die nou 23-jarige Liezel Gouws, ʼn vierdejaar-Farmasie-student op die Noordwes-Universiteit (NWU) se…
Nuwe lede van die NWU Besigheidskool se adviesraad
Dit is ’n groot eer om die volgende individue geluk te wens met hulle onlangse verkiesing as lede van die adviesraad van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool.
Jeremy Sampson is tans die besturende direkteur van Brand Finance Africa, die Londen-gebaseerde wêreldwye groep…
Ons eer jou, Jeandré Rudolph
Daar is losvoorspelers met die flair en die opwinding wat hulle meer flambojante broeders in die agterlyn beskore is. Hulle is die Kwagga Smiths en die Bobby Skinstads wat saam met die beste agterspelers kan vastrap en swenk. Hulle het ’n bedrieglike systap en sygladde hande, en hulle weet hoe om daardie behendige…
NWU in die top-100 op die ranglys vir universiteite in ontluikende ekonomieë
Die Noordwes-Universiteit (NWU) het weer eens presteer met ’n top-100-plasing – en oorkoepelende sesde plek in Suid-Afrika – op die internasionale ranglys vir universiteite in ontluikende ekonomieë (Emerging Economies University Ranking) van Times Higher Education (THE).
Die NWU is…
Malan moker die lopies
Dit is amper presies twee jaar sedert ’n besondere talent tot sy reg gekom het. Janneman Nieuwoudt Malan het op 3 Februarie 2019 sy internasionale T20-debuut vir Suid-Afrika teen Pakistan op tuisbodem gemaak.
Op net 22 jaar oud het hierdie jongman die grootmens-krieketwêreld betree. Die wêreld…