NWU vereer uitnemendheid in gemeenskapsontwikkeling

Dertien akademici van die Noordwes-Universiteit (NWU) het erkenning vir hulle uitnemendheid in gemeenskapsontwikkeling ontvang.

Hulle is op 31 Maart tydens die NWU se toekenningseremonie vir uitnemendheid in gemeenskapsontwikkeling (GO) vereer.

Die visekanselier, prof Dan Kgwadi, het sy gelukwensing aan al die ontvangers oorgedra en gesê hy hoop dat hulle ander mense sal aanmoedig om gemeenskapsontwikkelingsnavorsers en innoveerders te word wat gemeenskapsontwikkelingsonderrig en -leer implementeer en korporatiewe burgers is deur nie net hulle kundigheid met gemeenskappe op grondvlak te deel nie, maar ook met bedryfsvennote en ander universiteite.

Prof Marilyn Setlalentoa, Adjunkvisekanselier: Gemeenskapsontwikkeling en Mahikengkampusbedrywighede: Mahikengkampus, het tydens die virtuele geleentheid gesê dat gemeenskapsontwikkeling by die NWU groei, en dat die NWU as ’n toonaangewende universiteit moet verseker dat die wêreld van kennis wat gegenereer word, benut word tot voordeel van die gemeenskappe wat hulle bedien.

“In die mate wat die NWU se akademiese aktiwiteite ook al sy gemeenskappe en die breër samelewing kan en sal beïnvloed, glo ons dat nóg die verkryging, nóg die deel van kennis ’n eensydige saak behoort te wees.

“Ons het die idee van die integrasie van GO by die kernbesigheid van die universiteit omarm, en GO by die vakkundigheid van verbintenis betrek, en ons glo dat die NWU besig is om ’n betrokke universiteit te word.

“Uitreiking bly een van die aspekte wat onder die vaandel van gedeelde kundigheid aandag ontvang. Die proses van GO is ’n vakkundige agenda wat gemeenskapskwessies inkorporeer wat binne onderrig, navorsing of uitreiking geïntegreer kan word.”

Sy het al die ontvangers alles van die beste toegewens vir hulle toekoms en vir die groot impak wat hulle almal hoop om in die gees van ubuntu te maak.

Die bydraes in die verskillende kategorieë gedurende 2020 wat erkenning ontvang het, is:

Vakkundigheid van Verbintenis:

........

• Prof Juaneé Cilliers, voorheen van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, vir die projek om klein dorpies te hernuwe, wetenskapkommunikasie.

........

........

• Prof Leenta Grobler en dr Henri Marais van die Fakulteit Ingenieurswese vir die TjopTjop- Covid-19-siftingsapp.

Gemeenskapsontwikkelingsonderrig en -leer:

........

........

• Prof Carisma Nel en dr Elma Marais van die Fakulteit Opvoedkunde vir die ontwikkelingskapasiteitsverbeteringsprogram vir onderrig en leer: Werkgeïntegreerde leer (WIL) Werk.

........

• Dr Corné van der Vyver van die Fakulteit Opvoedkunde vir die versterking van gemeenskapsidentiteit deur storievertelling as ’n onderrigstrategie.

 Gemeenskapsontwikkelingsonderrig en -leer en uitreiking:

........

• Me Lorraine Erica Derbyshire van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe vir verskeie gemeenskapsbetrokkenheidsaktiwiteite van die Skool vir Rekeningkundige Wetenskappe.

 Gemeenskapsontwikkelingsnavorsing en die deel van kundigheid:

........

• Prof Josef de Beer van die Fakulteit Opvoedkunde vir Onderwysers Sonder Grense: Die vestiging van wetenskaplaboratoriums vir inheemse kennis in plattelandse skole.

........

• Dr Marinda Neethling van die Fakulteit Opvoedkunde vir ’n gemeenskapsbetrokkenheidsprojek om indiensonderwysers in die Umzinyathi-distrik te ondersteun.

 Deel van kundigheid:

........

• Prof Riaan de Jongh van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe vir sy lewenslange gemeenskapsverbintenisbydrae tot die Suid-Afrikaanse finansiëlediensbedryf.

........

• Me Kgomotso Mopalami van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe vir die ontwikkeling van die SARMP MH-praktisynskontrolelys.

Deel van kundigheid en uitreiking:

........

• Dr Kezell Klinck van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe vir Gemeenskapsontwikkeling uit die Hart.

........

• Prof Mulunda Mwanza van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe vir die dieregesondheid-uitreikprogram aan die gemeenskap.

Submitted on Wed, 03/31/2021 - 13:41