Studentelewe Nuus
Wihan Lubbe in Proteas-groep
Gedenkwaardige gebeurtenisse op die krieketveld kan talle vorms aanneem – ’n goedbeplande dryfhou verby dekpunt om onder die moeilikste omstandighede ’n honderdtal aan te teken, ’n vangskoot wat alle natuurwette oortree, of ’n boulbeurt wat met soveel venyn en daadkrag afgelewer word dat die opposisie nie hulle…
Die NWU se eentoets-slotwonders
Daar is twee stelle trappe wat na die eerste vloer van die Noordwes-Universiteit se Hoëprestasie-instituut lei. Soos jy teen die trappe opstap, sien jy aan die een kant foto's van sportbestuurders wat die NWU na die boonste vlakke van varsity-glorie gelei het. Helené Botha het die NWU se netbalspan gehelp om die…
Doen nou aansoek om in 2022 by die NWU te studeer
Aan die begin van elke jaar skarrel duisende studente van regoor die land rond om plek by die verskeie instellings vir hoër onderrig te soek. Deur die vorige jaar al betyds aansoek te doen wanneer die aansoeke oopmaak, kan studente en hulle ouers seker maak dat hulle hierdie onnodige stres vermy.
Die Noordwes-Universiteit (NWU…
NWU in die top-4,7% van wêrelduniversiteite
Die Noordwes-Universiteit (NWU) sit sy uitstekende prestasie op wêreldwye ranglyste voort. In die jongste ranglysgradering het die Center for World University Rankings (CWUR) die NWU in hulle 2021/2022-uitgawe van die Global 2000-lys in die top-4,7% van universiteite geplaas.
Hierdie…
HPI ʼn NWU-juweel
Jean Verster se entoesiasme is aansteeklik. Wêreldkampioene kan daarvan getuig – vra maar vir Caster Semenya en vele ander.
Dié voormalige en uitsonderlike middelafstandatleet was in die vroeë tagtigs een van SA-atletiek se groot troefkaarte. In daardie selfde tyd het hy sy bene in…
Kaptein Chederick wil weer sy ou vorm terugkry
Chederick van Wyk is in die jaar van kampioene gebore, en dit is wat hy geword het. Die wêreld het vir die eerste keer op 8 Februarie 1995 met hierdie toekomstige naelloper kennis gemaak, ’n paar maande voor die Springbokke die Web Ellis-trofee op ’n geskiedkundige middag op Ellispark omhoog gehou het. Die…
NWU-atlete skitter by SA’s
Atlete van die Noordwes-Universiteit (NWU) het oudergewoonte hulle stemme tydens die onlange Suid-Afrikaanse Senior Atletiekkampioenskap dik gemaak en die NWU se trofeëkas bars weer uit sy nate.
Dié kompetisie is van 15 tot 17 April in Pretoria gehou.
…NWU-navorser nou lid van Afrika-akademie vir wetenskap
’n Senior lektor in die navorsingsfokusarea Menslike Metabolomika aan die Noordwes-Universiteit (NWU) is vir die volgende vyf jaar as ’n geaffilieerde lid van die Afrika-akademie vir wetenskap (AAW) gekies.
Dr Rencia van der Sluis is gekies…
NWU begin Varsitybeker met ’n oorwinning
Die Arende is op hulle pos! Die NWU se Varsitybeker-veldtog het op ’n hoë noot begin toe hulle die Madibaz van NMMU op Maandag 5 April in Pretoria met 47–28 geklop het.
Soos die telling aandui, was dit ’n harde wedstryd, met talle drieë wat deur albei spanne gedruk is. Afrigter…
NWU pak stryd teen GBV aan
Tydens die eerste drie weke van die staat van inperking verlede jaar, was die slagoffers van geslagsgebaseerde geweld (GBV) saam met hulle molesteerders ingeperk, met geen plek om weg te kruip nie. Gedurende daardie tydperk het die regering se bevelsentrum teen GBV en moord op vroue het alleen meer as 120 000 slagoffers aangeteken. Die…