NWU bied ’n “Potchpourri” van wonderlike musiek aan

Die Noordwes-Universiteit se jaarlikse Potchpourri-konsertreeks beloof om ’n heuglike vertoning te wees van die baie talente van die personeel by die NWU se Skool vir Musiek en ander Suid-Afrikaanse musikante wat die entoesiaste van klassieke musiek in vervoering sal hê.

Die 2021-konsertreeks begin op Dinsdag 30 Maart om 18:30 met ’n opwindende virtuele geleentheid wat ’n verskeidenheid items op die spyskaart het. Kaartjies vir hierdie geleentheid is R100 per persoon. Dit kan by Quicket gekry word deur https://qkt.io/US6vin te besoek.

Een van die hoogtepunte van die konsertreeks is die lewende internasionale jazzkonsert op 6 April. Hierdie konsert vind by die Konserwatorium-saal in Potchefstroom plaas. Die Suid-Afrikaanse kontrabasspeler en komponis Carlo Mombelli gaan optree. Hy deel die verhoog met musici Marcus Wyatt op die trompet, Keenan Ahrends op die kitaar en Ayanda Sikande op die tromme.  Die konsert begin om 18:30 en kaartjies is ook teen R100 per persoon beskikbaar.

Nog ’n hoogtepunt is die Johannesburgse Filharmoniese Orkes se strykkwartet, wat die Challenges of the Generations @ the Conserve op 20 April sal aanbied. Hierdie konsert begin ook om 18:30.

As gevolg van Covid-19 was 2020 ’n stil jaar op die Konserwatorium-saal se verhoog. Dit is waarom die personeel by die NWU se Skool vir Musiek besluit het om hierdie jaar ’n vermaaklike konsertreeks van ’n meer humoristiese aard aan te bied. Die reeks sluit in Gardel se Tango deur Trio Joie de Vivre op 4 Mei, Jazzicals deur Recthman deur die Potch Trio op 23 Mei, die Rossini Cat Duet en ’n belofte van ’n interessante benadering tot Liszt se Hongaarse Rapsodie.

Vir meer inligting oor die konserte, besoek http://humanities.nwu.ac.za/music/concerts of kontak die NWU se Konserwatorium by die Skool vir Musiek by 018 299 1692.

........

........

Submitted on Tue, 03/30/2021 - 11:04