Sportnuus

Annemie Bester

Dit is ’n weeksdag. Die oggenddou begin verdwyn en Johannesburg is nog half aan die slaap.  Die relatiewe kalmte bring ʼn lafenis voordat die dag se storm losbars. Geen kalmte egter vir Annemie Bester nie. Waar sy by Emirates Airline Park – oftewel Ellis Park in volksmond – indraai, wil sy op geen ander plek wees nie.…

NWU-netbal bly vervoerband vir nasionale span

Die land se netbalspanne is weereens met NWU-speserye gegeur, met huidige en oudstudente wie se name verskyn op al wat nasionale spanlys is.

Die NWU is al vir etlike jare bekend as ʼn vervoerband vir die Proteaspan, met selfs die huidige afrigter, Dorette Badenhorst, wat eers haar…

Voormalige rugbykaptein sterf tragies 

Dit is met groot hartseer waarmee die Noordwes-Universiteit (NWU) vir Tiaan Bezuidenhout moet groet wat tragies in ʼn motorongeluk op Saterdag, 8 Mei gesterf het. Tiaan (26) was die kaptein van die NWU se Varsitybekerspan wat die eindstryd van die 2018-toernooi behaal het. Hy was na sy ma onderweg toe tragedie op die N4 naby Kroondal ontvou het…

Wihan Lubbe in Proteas-groep

Gedenkwaardige gebeurtenisse op die krieketveld kan talle vorms aanneem – ’n goedbeplande dryfhou verby dekpunt om onder die moeilikste omstandighede ’n honderdtal aan te teken, ’n vangskoot wat alle natuurwette oortree, of ’n boulbeurt wat met soveel venyn en daadkrag afgelewer word dat die opposisie nie hulle…

Sharks-legende Botes in NWU-kamp

Sharks-legende Jacques Botes is as deel van Burger van der Westhuizen se afrigtingspersoneel vir die naderende klubrugbykompetisies gekontrakteer, wat – in die lig van sy uitgebreide ervaring – waarskynlik ’n baie slim aanstelling is.

Die voorsienigheid was goed vir Suid-Afrika se…

Die NWU se eentoets-slotwonders

Daar is twee stelle trappe wat na die eerste vloer van die Noordwes-Universiteit se Hoëprestasie-instituut lei. Soos jy teen die trappe opstap, sien jy aan die een kant foto's van sportbestuurders wat die NWU na die boonste vlakke van varsity-glorie gelei het. Helené Botha het die NWU se netbalspan gehelp om die…

HPI ʼn NWU-juweel

Jean Verster se entoesiasme is aansteeklik. Wêreldkampioene kan daarvan getuig – vra maar vir Caster Semenya en vele ander.

Dié voormalige en uitsonderlike middelafstandatleet was in die vroeë tagtigs een van SA-atletiek se groot troefkaarte. In daardie selfde tyd het hy sy bene in…

Kaptein Chederick wil weer sy ou vorm terugkry

Chederick van Wyk is in die jaar van kampioene gebore, en dit is wat hy geword het. Die wêreld het vir die eerste keer op 8 Februarie 1995 met hierdie toekomstige naelloper kennis gemaak, ’n paar maande voor die Springbokke die Web Ellis-trofee op ’n geskiedkundige middag op Ellispark omhoog gehou het. Die…

NWU begin Varsitybeker met ’n oorwinning

Die Arende is op hulle pos! Die NWU se Varsitybeker-veldtog het op ’n hoë noot begin toe hulle die Madibaz van NMMU op Maandag 5 April in Pretoria met 47–28 geklop het.

Soos die telling aandui, was dit ’n harde wedstryd, met talle drieë wat deur albei spanne gedruk is. Afrigter…

Ons eer jou, Jeandré Rudolph

Daar is losvoorspelers met die flair en die opwinding wat hulle meer flambojante broeders in die agterlyn beskore is. Hulle is die Kwagga Smiths en die Bobby Skinstads wat saam met die beste agterspelers kan vastrap en swenk. Hulle het ’n bedrieglike systap en sygladde hande, en hulle weet hoe om daardie behendige…