Voormalige rugbykaptein sterf tragies 

Dit is met groot hartseer waarmee die Noordwes-Universiteit (NWU) vir Tiaan Bezuidenhout moet groet wat tragies in ʼn motorongeluk op Saterdag, 8 Mei gesterf het.
Tiaan (26) was die kaptein van die NWU se Varsitybekerspan wat die eindstryd van die 2018-toernooi behaal het.
Hy was na sy ma onderweg toe tragedie op die N4 naby Kroondal ontvou het.
Die NWU wil graag sy medelye met Tiaan se vriende en familie betuig. Dit is altyd hartseer om ʼn lid van die groter NWU-familie te verloor. 
Tiaan was ʼn merkwaardige mens met ʼn buitengewone karakter, en sy leierskap op en van die veld af het daarvan gespreek. Hy was ʼn spesiale mens en sy afsterwe gaan ʼn groot leemte in baie se lewens laat. Hy sal gemis word.
 

........

Tiaan Bezuidenhout het ʼn onuitwisbare merk by die NWU gelaat. Foto: Potchefstroom Herald

Submitted on Mon, 05/10/2021 - 13:17