Sportnuus

NWU begin Varsitybeker met ’n oorwinning

Die Arende is op hulle pos! Die NWU se Varsitybeker-veldtog het op ’n hoë noot begin toe hulle die Madibaz van NMMU op Maandag 5 April in Pretoria met 47–28 geklop het.

Soos die telling aandui, was dit ’n harde wedstryd, met talle drieë wat deur albei spanne gedruk is. Afrigter…

Ons eer jou, Jeandré Rudolph

Daar is losvoorspelers met die flair en die opwinding wat hulle meer flambojante broeders in die agterlyn beskore is. Hulle is die Kwagga Smiths en die Bobby Skinstads wat saam met die beste agterspelers kan vastrap en swenk. Hulle het ’n bedrieglike systap en sygladde hande, en hulle weet hoe om daardie behendige…

Malan moker die lopies

Dit is amper presies twee jaar sedert ’n besondere talent tot sy reg gekom het. Janneman Nieuwoudt Malan het op 3 Februarie 2019 sy internasionale T20-debuut vir Suid-Afrika teen Pakistan op tuisbodem gemaak.

Op net 22 jaar oud het hierdie jongman die grootmens-krieketwêreld betree. Die wêreld…

Akker ’n Europese reus

Daar kan seker nie ’n meer kontrasterende vertoning wees van twee rugbyspelers se persoonlikhede as toe die vuisgeveg tussen Schalk Brits en Akker van der Merwe in 2019 plaasgevind het nie.

Die twee Springbok-hakers – Brits in die blou van die Bulle, Van der Merwe in die swart van…

Klubspeler Kazlo spog met 50 eerstespanwedstryde

Om vir 50 eerstespanwedstryde vir jou rugbyklub op die veld te draf, is voorwaar ’n uitsonderlike prestasie. Dié eer het Kazlo Holtzhauzen van die Noordwes-Universiteit (NWU) se rugbyklub in Vanderbijlpark – die NWU Vaal Rugbyklub – vroeër vanjaar te beurt geval.

Die 27-jarige Kazlo blink nie net as speler vir die klub uit nie, maar ook…

Ilze volg haar sportdroom voluit

Ilze du Plessis glo dat jou ingesteldheid bepaal of jou lewenspad met dorings of met roosblare besaai sal word. En kyk jy na die rits prestasies wat dié 18-jarige eerstejaarstudent aan die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) al op die sportveld verwerf het, word dit duidelik dat sy op sukses gefokus is.

“…

NWU se Avuyile span sy spiere soos die held van sy kindertyd – Arnie

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Avuyile Ndzimela leef sy droom uit om ’n topliggaamsbouer te wees, en daarmee bring hy op meer as een manier hulde aan die held van sy kindertyd, Arnold Schwarzenegger. 

Soos sy held blink die 21-jarige BA-student in Publieke Administrasie en Regeerkunde op die Vanderbijlparkkampus nie net in mededingende…

NWU-kolfkoning droom van beroepskrieket

Dit kos mannemoed en durf om ʼn kolfbeurt te open en ʼn vasberade aanvangsnelbouler stip in die oë te kyk. Die 22-jarige Ruan Havenga, aanvallende aanvangskolwer van Noordwes-Universiteit (NWU) se krieketspan in Vanderbijlpark, laat hom egter nie van stryk bring nie en droom daarvan om homself as ʼn beroepskrieketspeler te vestig.

Dit…

NWU se Fanie Roos gaan PGA-SA-klasse aanbied

Fanie Roos, ’n dosent in Sportbestuur aan die Noordwes-Universiteit (NWU) is baie ernstig oor gholf – op die baan asook in die lesinglokaal.

Fanie het twee jaar gelede die hoofopskrifte gehaal toe hy die eerste NWU-akademikus was wat die gesogte Professionele Gholfspelersvereniging van Suid-Afrika (PGA-SA) toegespreek het, en…

Amanda is die NWU in Vanderbijlpark se elite netbalafrigter

Amanda Dreyer is ʼn netbalafrigter sonder weerga, en is tans een van slegs twee elite netbalafrigters in die Sedibeng-streek. Sy is ook die afrigter van die Noordwes-Universiteit (NWU) se netbalspan in Vanderbijlpark.

In die tyd waarin die Covid-19-pandemie die sportwêreld vir eers tot stilstand gedwing het, is Amanda baie opgewonde…