Sportnuus

Liezl Gouws is gereed om haar Paralimpiese stempel af te druk

Sy het haar vasberadenheid reeds oor en oor bewys – meer as wat iemand van haar ouderdom dit behoort te doen, en Liezl Gouws is gereed om dit weer te doen. Hierdie vierdejaar-farmasiestudent van die Noordwes-Universiteit (NWU), wat as vyfjarige ’n serebrale verlamming opgedoen het nadat sy ’n beroerte gekry het, gaan Suid-Afrika by die 2021…

NWU gaan Junior Vrouehokkie Wêreldbeker aanbied

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is trots om aan te kondig dat hulle die gasheer vir die 2021 FIH Junior Vrouehokkie Wêreldbeker gaan wees.

Dié byeenkoms, wat in samewerking met die Suid-Afrikaanse Hokkievereniging en die sportkode se wêreldbeheerliggaam, die Fédération…

Hartbreek vir hoopvol Chederick

Dit het al die kenmerke van ʼn Shakespeare-tragedie, hoewel die dramaturg se besondere beeldspraak ontbreek.

Die horlosie sê dit is 11:30 en die kwik spoeg reeds vuur onder Tokio se ongenaakbare son. Of die snikhete omstandighede in die Olimpiese…

NWU se Olimpiese spoedvrate in die kollig

Die Noordwes-Universiteit se drie Olimpiese spoedvrate, Chederick van Wyk, Zakhiti Nene en Pieter Conradie, is vandeesweek in Tokio se kollig wanneer die aflositems skuins voor die naweek afskop.

Van Wyk, wat aan die 4 X 100 m-item deelneem, sal Donderdag 5 Augustus in aksie wees,…

Steratleet Chederick praat uit Tokio  

Een van die Noordwes-Universiteit (NWU) se gunstelingseuns, Chederick van Wyk, bevind hom tans saam met ʼn uitgelese groep Suid-Afrikaners wat die land se vlag tydens die Olimpiese Spele in Tokio, Japan gaan swaai.

Chederick, wat aan die 4 X 100 m-aflos gaan deelneem, het ʼn tydjie ná…

Jo-Ané gaan Spele toe

Sy is die kanonarm van 1 NWU-Bataljon wat oor slegs ʼn paar weke saam met haar landgenote hulle veldtog in die Stille Oseaan-teater van stapel gaan stuur. Ja, Jo-Ané van Dyk gaan Olimpiese Spele toe.

Dié 23-jarige spiesgooier van die Noordwes-Universiteit het onlangs met ʼn…

NWU klits spiesgooi-room

 Dit is ʼn bekende gesig daar waar die Mooirivier om die Fanie du Toit-sportterrein kronkel. Net onder die Hoëprestasieinstituut is daar sowat 100 m wat as ʼn gevaarvliegsone vir ons geveerde vriende moet dien. Spiese vlieg hier.

ʼn Ander konstante hier is die NWU se spiesgooi-ghoeroe…

Die CHHP se Instituut vir Sportwetenskap en Ontwikkeling is steeds aan die gang ten spyte van die inperking

Die Noordwes Sportakademie (NWAS) gebruik al langer as twee dekades die Instituut vir Sportwetenskap en Ontwikkeling by die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie (CHHP) as konsultant.  Die dienste sluit evaluerings, oefenprogramme, werkswinkels en verskeie ander spesialisdienste in. Sportkodes wat tans by hierdie dienste ingesluit is, is…

Geluk, Olimpiese Elroy!

Die Noordwes-Universiteit is trots om vir Elroy Gelant, ʼn personeellid by Mense en Kultuur, geluk te wens met sy insluiting in die Suid-Afrikaanse span wat van 23 Julie tot 8 Augustus in die Olimpiese Spele in Tokio, Japan geen deelneem.

Hy gaan…

NWU Eagles haal halfeindstryd van Varsitybeker

Drama. Dit was die waarmerk van die NWU Eagles se mars tot die halfeindstryd van die Varsitybeker ná hul die CUT Ixias 35-32 Dinsdagmiddag geklop het.

Dit was ʼn taai tweestryd, soos die eindtelling getuig, met die uiteindelike wenners wat behoorlik moes walgooi om die heldhaftige…