Geluk, Olimpiese Elroy!

Die Noordwes-Universiteit is trots om vir Elroy Gelant, ʼn personeellid by Mense en Kultuur, geluk te wens met sy insluiting in die Suid-Afrikaanse span wat van 23 Julie tot 8 Augustus in die Olimpiese Spele in Tokio, Japan geen deelneem.

Hy gaan op 7 Augustus hakskene vir teenstanders in die maraton wys.

Elroy versinnebeeld wat dit beteken om ʼn NWU Eagle te wees. Hy het braafheid in die gesig van beserings gewys, deursettingsvermoë op die baan en ʼn onafgewaterde passie om dit waarvoor hy lief is tot die beste van sy vermoë te doen.

“Ek sien baie daarna uit om weer deel te wees van die Suid-Afrikaanse Olimpiese-span en om ons land op die hoogste vlak te verteenwoordig, en dit is die Olimpiese Spele. Dit is ‘n droom wat waar geword het. Elke kind wat atletiek beoefen streef daarna om eendag Olimpiese Spele toe te gaan. Ek het tydens die vorige Olimpiese Spele in Rio de Janeiro in die 5000m deelgeneem waarna ek besluit het om op die maraton, wat 42km is, te fokus. Ek is ook rêrig opgewonde om teen van dié grootste name in die sport mee te ding,” sê Elroy.

“My voorbereiding verloop baie goed en ek gaan alles gee om ʼn medalje vir my te land te wen. Ek gaan nie Japan toe om Tokio te sien en te verken nie, ek gaan om ʼn medalje te wen. Ek wil ook net vir die NWU bedank vir al die ondersteuning wat hulle my as werknemer deur die jare gegee het. Hulle het gehelp om die fondasie vir my sukses te grawe.”

Sterkte Elroy. Ons weet jy gaan die NWU en Suid-Afrika uitstekend verteenwoordig. Jou NWU-familie staan bankvas agter jou.

Prof. Dan Kgwadi

Prinsipaal en visekanselier

 

Submitted on Thu, 06/10/2021 - 10:27