Sportnuus

NWU Eagles weer terug op koers

Hierdie oorwinning het vir hulle alles beteken. Die NWU Eagles het nie net die vorige kampioene en gereelde finaliste UP-Tuks tydens hulle Varsitybeker-ontmoeting in Potchefstroom op Maandag 7 Maart met 17–8 gewen nie, hulle 2022-veldtog is ook weer terug op koers.  

’n Rooikaart het…

NWU speel gasheer vir elitehokkietoernooi

Die Noordwes-Universiteit (NWU) streef steeds daarna om die wonderlike sport wat hokkie genoem word, te bevorder deur in Potchefstroom vir die FIH Pro League vir mans gasheer te speel.

Die toernooi skop op Dinsdag 8 Februarie af, wanneer Suid-Afrika teen Nederland te staan kom, met…

Ruan vat die leisels

Dit was ʼn eenparige besluit – nie die spelers of spanbestuur het gehuiwer nie. Daar is net een man wat getaak kan word om die Noordwes-Universiteit (NWU) Arende se aanslag in hulle 2022 Varsitybeker-veldtog te lei en daardie man is Ruan “Sampie” Swiegers.

As vaskopstut is hy immers…

Groot toekenning vir Janneman Malan

Aanvangskolwer Janneman Malan en sy kanonkolf is deur die Internasionale Krieketraad vir sy lopie-oes aan die top van die Proteas se eendag-kolforde beloon deur as dié organisasie se Opkomende Manspeler van die Jaar 2021 aangewys te word.

Dié 25-jarige boorling van Mbombela en…

Eagles berei voor vir Varsitybeker-afskop

Almal staan gereed en die fluitjie gaan binnekort blaas. Op 14 Februarie gaan rugby weer op ons skerms en op ons tersiêre-onderwysvelde ontplof wanneer die 2022 Varsitybeker begin.  

Dit is oorlog in sy genotvolste vorm. Die NWU Eagles en die UK Ikeys gaan mekaar heel eerste op die…

Liezl is terug en sterker as ooit

Sy is terug. Maar tog anders. Sy is nie meer dieselfde Liezl Gouws nie. Japan het haar verander. Dit het sowat 100 km weg van die skadu van Berg Fuji en sy sneeubedekte kroon gebeur. Elke druppel sweet wat van haar afgetap het is verruil vir wysheid en ervaring.

Liezl (23) het…

Janneman Malan se betowering duur voort

Niemand – nie eers Janneman Malan self nie – sal onder enige illusie wees dat sy Bradmanese gemiddelde in die eendagwedstryde vir die Proteas sal voortduur nie. Gewone sterflinge kan nie sulke prestasies volhou nie (tensy jy natuurlik sir Don Bradman is – hoewel die Aussie-legende nooit witbalkrieket gespeel het nie…

Elsunet du Plessis: Van Heidelberg tot die hoogste vlak

Dit was  vervlaks naby. Té naby. Die NWU Eagles is Sondagmiddag in hulle Varsity Netbal-veldtog teen die uiteindelike wenners, Kovsies, op hartverskeurende wyse met 66–65 in hulle spore gestuit. In die laaste sekondes van die wedstryd. Die héél laaste sekondes. Huil en treur hieroor sal ons nog lank.

Protea-krieketspan noem weer NWU hulle “tuisveld”

Die nasionale krieketspan, die Proteas, het van 22 tot 24 Augustus die Noordwes-Universiteit weereens hulle “tuisveld” genoem toe hulle die universiteit se Sport Village in Potchefstroom as voorbereidingsbasis gebruik het.

Die Proteas speel vanaf 2 September in drie eendagwedstryde…

Eagles vlieg hoog in eerste vyf Varsity Netbal-rondtes

Die Noordwes-Universiteit se Eagles het hulle 2021 Varsity Netbal-veldtog goed begin. Die voormalige kampioene, wat deur Elsunet du Plessis afgerig word, het hulle toernooi baie goed afgeskop deur die eerste vier van hulle vyf wedstryde te wen.

In ’n verkorte toernooi, wat in ’n…