NWU speel gasheer vir elitehokkietoernooi

Die Noordwes-Universiteit (NWU) streef steeds daarna om die wonderlike sport wat hokkie genoem word, te bevorder deur in Potchefstroom vir die FIH Pro League vir mans gasheer te speel.

Die toernooi skop op Dinsdag 8 Februarie af, wanneer Suid-Afrika teen Nederland te staan kom, met Frankryk, Indië en Duitsland as die ander spanne wat deelneem.

“Dit is ’n wonderlike geleentheid vir Suid-Afrika om teen van die wêreld se beste spanne te speel. Die gebeurtenis gee aan die wêreld se top-agt spanne die kans om teen mekaar mee te ding, en ons het as gevolg van ons plek op die ranglys die geleentheid om die gebeurtenis aan te bied, en ook omdat sommige spanne as gevolg van Covid-verwante sake moes onttrek,” sê Sheldon Rostron, voorsitter van die plaaslike organisasiekomitee en Direkteur: Sport by die NWU.

“Hierdie gebeurtenis stel die Suid-Afrikaanse span ook in staat om aan ’n relatief vol skedule in 2022 deel te neem. Dit is iets waarvan ons nou al ’n geruime tyd droom. Die gebeurtenis sal ook die Suid-Afrikaanse span goed te staan kom in hulle voorbereiding vir die Statebondspele en die Wêreldbeker wat later hierdie jaar gaan plaasvind. Ons is werklik gelukkig om deel van hierdie proses te wees,” sê Rostron.

Die datumlys is:

8 Februarie: Indië vs Frankryk (18:00)

8 Februarie: SA vs Nederland (20:00)

9 Februarie: SA vs Indië (18:00)

9 Februarie: Frankryk vs Nederland (20:00)

12 Februarie: Frankryk vs Indië (18:00)

12 Februarie: SA vs Nederland (20:00)

13 Februarie: SA vs Indië (18:00)

13 Februarie: Frankryk vs Nederland (20:00)

15 Februarie: Frankryk vs SA (20:00)

16 Februarie: Frankryk vs Duitsland (20:00)

17 Februarie: SA vs Duitsland (20:00)

19 Februarie: Frankryk vs Duitsland (20:00)

20 Februarie: Frankryk vs SA (20:00)

21 Februarie: SA vs Duitsland (20:00)

 

Submitted on Tue, 02/08/2022 - 12:02