Sportnuus

NWU Eagles se Young Guns val vas teen Tuks in die finaal

Hulle senior eweknieë het dalk die Varsitybekerkompetisie ’n bietjie vroeg verlaat, maar die NWU Eagles Young Guns was gereed om tot die einde toe te bly staan toe hulle Tuks op Maandag 25 April in Stellenbosch gepak het. Dit was hulle egter nie beskore nie. Die span van Pretoria – wat net gedoen het wat die Pretorianers die afgelope jaar in…

Elroy is steeds die halfmarathon se oorwinnaar

Hy is nie meer die heersende, verdedigende, onbetwiste kampioen van die Twee Oseane-halfmarathon nie. Elroy Gelant styg egter bó bogenoemde beskrywing uit. Nadat die 2020- en 2021-halfmarathons as gevolg van die Covid-19-pandemie geskrap is, moes Gelant op Sondag 17 April 2022 die titel afstaan wat hy in 2019 gewen het. Hy het egter weer eens…

Nóg ’n pluimpie vir Deidre Jordaan

Bertie Jacobs

Kampala bly maar ʼn plek vir Deidre Jordaan om aan gewoond te raak. Sy sal weet. Dit is immers die tweede agtereenvolgende jaar dat sy Suid-Afrika by die Afrika-pluimbalkampioenskap in die hoofstad van Uganda verteenwoordig het.

Kaptein Christa Ramasimong se wêreldbeker-vuurdoop

Bertie Jacobs

Wanneer talent en vasberadenheid saamspan, word geskiedenis gemaak. Die Noordwes-Universiteit (NWU) het vanaf 1 tot 12 April die heel eerste hokkiewêreldbeker onder die vaandel van die sport se wêreldreguleringsliggaam, die Fédération…

Uitspeelrondte net buite bereik van die Eagles

Bertie Jacobs

Dapper poging. ʼn Baie dapper poging, manne. Die Noordwes-Universiteit (NWU) Eagles het só naby daaraan gekom om die Varsitybeker-uitspeelrondte te haal nadat hulle Wits op ’n sopnat Fanie du Toit-sportveld met 31–3 op Maandag 11 April geklop het…

FIH Junior Vrouehokkie Wêreldbeker ’n groot sukses

Bertie Jacobs

Nederland het gewen, maar hokkie was die oorwinnaar. Toe die eindfluitjie op Dinsdag 12 April geblaas het, was dit die Nederlandse ondersteuners wat gejuig het en die oranjegeklede spelers wat van vreugde gedans het omdat hulle Duitsland oortuigend met 3–1 gewen het in…

Eagles hou halfeind-deur oop

Bertie Jacobs

Jinne, dit gaan verdeksels naby wees. Die NWU Eagles het Maandagaand 4 April in ʼn papsopnat Bloemfontein hulle uitspeelronde-hoop aan die brand gehou deur die CUT Ixias met 33–14 te klop.

Dit was ʼn gepaste…

Eagles kelder Madibaz

Bertie Jacobs

’n Arend het nie slagtande nie – kloue wel. Maar, sou die NWU Eagles eersgenoemde gehad het, sou hulle dié weliswaar ook in die NMMU Madibaz ingeslaan het. Die Eagles het Maandagaand op die Fanie du Toit-sportterrein hulle besoekers van…

NWU gaan uiteindelik in April Hokkie Wêreldbeker aanbied

Bertie Jacobs

Dis nie ’n grap nie. Die Noordwes-Universiteit (NWU) gaan vanaf 1 April die gasheer vir die 2022 FIH Junior Vrouehokkie Wêreldbeker op die Astroturf-velde in Potchefstroom wees.

Dit is die negende keer dat die gebeurtenis aangebied word, en dit sou in Desember plaasgevind het, maar die…

Eagles trap Shimlas

Die doeltreffendheid van die styl van rugby wat die Shimlas tot dusver gespeel het, is uit alle oorde geloof. Gesaghebbendes het hulle ondernemende speelstyl geprys, asook hulle bereidwilligheid om met die bal te hardloop.  Hulle verlies teen Wits het ’n paar krake in hulle indrukwekkende wenmondering uitgewys, en toe, op Maandag 14 Maart in…