Sportnuus

NWU huisves grootste Spar Netbalkampioenskap ooit

Eenduisendagthonderd deelnemers en beamptes. Ses-en-negentig spanne. Een Noordwes-Universiteit (NWU) wat die grootste Spar Netbalkampioenskap ooit aanbied.

Die Fanie du Toit Sportterrein het van 8 tot 13 Augustus behoorlik uit sy nate gebars met netbaltalent, en die NWU het weereens bewys dat daar nie ’n toernooi bo sy vuurmaakplek is…

Ali Bacher, hy sal weet

Hy is dalk klein van statuur, maar almal weet hy is gróót van gees. Dr Ali Bacher, Suid-Afrika se befaamdste krieketadministrateur, wat op 80-jarige ouderdom steeds wêreldwye aansien geniet, het vandeesweek die Noordwes-Universiteit (NWU) besoek om genoeg lewenslesse en staaltjies te deel om boeke vol te maak.

Hierdie gaslesing is deur…

NWU athletes shine at CAA African Athletics Championships

Atlete van die Noordwes-Universiteit (NWU) het ’n uitmuntende prestasie gelewer by die Afrika-atletiekkampioenskap van die CAA wat onlangs in St Pierre, Mauritius gehou is. Dit is die derde keer dat Mauritius die gasheer was van die geleentheid nadat die 1992- en 2006-kompetisies ook daar gehou is.

Suid-Afrika het 36 medaljes verower by…

NWU as Pirates-kampioen gekroon

Hulle ken net een pad: vorentoe. Hulle ken net een resultaat: wen. Die Noordwes-Universiteit (NWU) se eerste rugbyspan is op Saterdag 11 Junie in Alberton as die Goue Leeus Rugby Unie se Piratesliga-kampioen gekroon nadat hulle Wits 31–26 verslaan het.

Nie net spog die NWU nou met…

NWU-spiesgooiers ryg die meters in

Daar het by tye vraagtekens oor Waldouw Smit se spiesgooiloopbaan gehang. Gaan hy sy beseringspoke kan afskud? Gaan hy sy potensiaal kan bereik? Gaan hy die 80 m-kerf kan oorskry? Die antwoorde is “ja”, “ja” en nogmaals “ja”.

Hierdie voormalige leerder van Potchefstroom Gimnasium…

Terseus Liebenberg as beste afrigter van afgelope drie dekades aangewys

  “Meester”. Dit is ʼn titel wat min beskore is. Top van die top, beste van die beste. Dis wanneer ʼn beroep ʼn roeping word en daarna tot ʼn kuns ontwikkel word. Terseus Liebenberg val gewis in dié kategorie.

Oor meer as drie dekades het sy kennis en vernuf atlete met talent geneem en hulle in wêreldsterre…

Burger en Bossie hou NWU onoorwonne

Drie jaar en 21 wedstryde. Dit is hoe lank die Noordwes-Universiteit (NWU) se senior span (dit is nou nie die Varsitybekerspan nie) onoorwonne is.

Saterdagmiddag in Potchefstroom het die NWU ʼn sterbelaaide Wits met 37–19 geklop om met hulle agtste oorwinning van 2022 steeds onoorwonne te bly in vanjaar se Predatorkompetisie.

Die…

Tien NWU Eagles op pad na Mauritius

Jy het albei hande hiervoor nodig. Tien – tel hulle – tien Noordwes-Universiteit (NWU) Eagles van die NWU se atletiekklub is ingesluit by die Suid-Afrikaanse span wat gaan deelneem aan die CAA Afrika Kampioenskap wat van 8 tot 12 Junie in Mauritius gehou gaan word.

 Dit is benewens die langafstandhardloper Elroy Gelant, wat ’n…

NWU Tawana soek ’n beter 2022/2023-seisoen

’n Goeie span kom altyd weer bo uit. Michael Seleka, sokkerbestuurder en hoofafrigter van die NWU Tawana op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Potchefstroom, klink platgeslaan wanneer hy ’n opsomming gee van sy span se prestasie in die SAFA ABC Motsepe-liga. Die NWU Tawana het hulle 2021/2022-veldtog in ’n teleurstellende sewende…

NWU versamel medaljes by die nasionale kampioenskap

Atlete van die Noordwes-Universiteit (NWU) – voormalige sowel as huidige atlete – was op hulle allerbeste by Atletiek Suid-Afrika se senior baan- en veldkampioenskap wat onlangs in Groenpunt, Kaapstad gehou is.

Hulle het ’n totaal van sestien medaljes in ’n verskeidenheid kodes gewen.

Spiesgooiers Johann Grobler en Jo-Ané van…