Sportnuus

Onder-19-wêreldbekervuurwerke gee vrouekrieket ’n hupstoot

Hoe lank sal krieket nog as die “Gentleman’s Game” bekendstaan, of is daardie bynaam reeds iets van die verlede? Vrouekrieket het hand oor hand toegeneem en hierdie tendens het in 2023 voortgegaan met die IKK se Onder-19 Krieket Wêreldbeker vir Vroue.

Die gebeurtenis is in Suid-Afrika aangebied en het op drie plekke plaasgevind, naamlik…

Burger nou Rugbyinstituut se veldmaarskalk

Dit is ʼn snikhete Donderdagmiddag met die kwik wat so hoog styg soos beurtkraggemoedere. Die Rugbyinstituut van die Noordwes-Universiteit (NWU) se spankamer, aikona, oorlogkamer, is egter koel. ʼn Tafelgrootte replika van ʼn rugbyveld begroet jou as jy instap, asook Burger van der Westhuizen, die NWU Eagles se nuwe Varsitybeker-afrigter.

Andre Fouché is Rugbyinstituut se beste

Sy naam is sinoniem met ongenaakbare verdediging, seepgladde vaardighede en ʼn kanniedood-enjin sonder ʼn trurat. Andre Fouché is ʼn yster wat in die NWU Rugbyinstituut se oond gegiet is en vanjaar het hy die tonge los gespeel.

Tydens die NWU Rugbyinstituut se jaareindfunksie is Fouché as die Rugbyinstituut se Varsitybeker Speler van die…

Jo-Ané en Alan is NWU se atletiektrots

Sy is die heersende, verdedigende en onbetwiste spiesgooikampioen van die Noordwes-Universiteit (NWU), en Jo-Ané van Dyk is onlangs weer as die Potchefstroomkampus se Sportvrou van die Jaar aangewys. Dié uitnemende spiesgooier het weereens in 2022 haar staal op die internasionale verhoog gewys, waar sy Suid-Afrika by die Afrikaspele, die…

Shaun Bownes trap nou NWU-spore

Hy is ’n legende wat die rekordboeke herskryf het. ʼn Kanniedood-spoedvraat wat tot in sy laat 30’s sy talent op die wêreldverhoog uitgestal het. Shaun Bownes, die Afrika-kontinent se voormalige hekkieskampioen, is uit graniet gekerf.

Hy kon miskien nie vir die beseringspook of vir vader tyd weghardloop nie, maar die vet weet, hy het…

Eagles deur na Varsity Netbal-finaal

Hulle was slaggereed! Hulle het ons egter ook laat naels kou. Die Noordwes-Universiteit (NWU) Eagles het op Maandag 10 Oktober die verdedigende kampioene, Kovsies, ore aangesit om na die 2022 Varsity Netbal-finaal deur te dring.  

Die Eagles moes egter in Bloemfontein uithaal en wys om ’n 64–61-wentelling aan te teken teen dieselfde…

NWU hou aan om Suid-Afrikaanse sport te voed

Die Noordwes-Universiteit (NWU) hou aan om te wys hoekom dié instelling ’n vervoerband vir Suid-Afrikaanse atletiek is.

Tydens vanjaar se Statebondspele in Birmingham, Engeland het die NWU weer gesorg dat die Suid-Afrikaanse span ’n kenmerkende NWU-geur het.

Vir die nasionale netbalspan het doelskieter Elmeré van den Berg haar…

Triomfantelike Adele is NWU se Comrades-koningin

Geluk, geluk en nogmaals geluk! Die Noordwes-Universiteit (NWU) se dr Adele Broodryk, 'n senior lektor by die Skool vir Menslike Bewegingskunde aan die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, sal altyd deur die geskiedenis onthou word as die eerste Suid-Afrikaanse vrou wat die 2022 Comrades-marathon voltooi het.

Sy het ook algeheel derde in…

NWU word die tennisparadys

Pot, stel en wedstryd. Die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is gaan die land se voorste tennisbestemming word wanneer vyf nuwe kleibane voltooi is. Hierdie bane, saam met tien hardebane en twee grasbane, maak dat die NWU ongeëwenaar is vergeleke met die aanbiedings van ander instellings wat bane en geriewe betref.

Deidre mik om vir Olimpiese Spele te kwalifiseer

Hierdie tyd van die jaar klou die humiditeit in Nigerië se hoofstad, Lagos, soos kleefgom aan jou lyf vas. Dit is drukkend, aanhoudend. Dan is daar Benin, Nigerië se susterland aan die westekant, net ʼn duisend kilometer bo die ewenaar. Die hawestad Cotonou is vasgevang tussen die Atlantiese Oseaan en Nokoué-meer, waar dit bekend is dat…