NWU hou aan om Suid-Afrikaanse sport te voed

Die Noordwes-Universiteit (NWU) hou aan om te wys hoekom dié instelling ’n vervoerband vir Suid-Afrikaanse atletiek is.

Tydens vanjaar se Statebondspele in Birmingham, Engeland het die NWU weer gesorg dat die Suid-Afrikaanse span ’n kenmerkende NWU-geur het.

Vir die nasionale netbalspan het doelskieter Elmeré van den Berg haar staal keer op keer bewys en haarself as ’n speler vir die toekoms gevestig.

Daarbenewens was spiesgooier Jo-Ané van Dyk, Liezel Gouws (100 m, T37), Alan Cumming (hamergooi) en Ryan Williams (diskus) ook by die spele te sien, hoewel medaljes hulle ontwyk het. Williams is ʼn boorling van Namibië. Die NWU se pluimbalhelde, Deidré Jordaan en Jareed Elliot, het ook vir vuurwerke gesorg.

Die voormalige Afrika-hekkieskampioen en NWU-afrigter, Shaun Bownes, het die span as naelloop- en aflosafrigter vergesel. Nelson Komane-Nel het ook as een van die hokkiespan se breiers ook die reis Engeland toe meegemaak.

Tydens die Wêreld Juniorkampioenskap in Cali, Colombia, het die NWU ook twee verteenwoordigers in Karmen Fouché (verspring) en Emel Keyser (110 m-hekkies) gehad.

Hierdie is slegs ʼn paar van vele prestasies wat die NWU onlangs behaal het. Die wêreldverhoog is inderdaad ʼn Arendsnes.

Submitted on Thu, 09/08/2022 - 15:24