Sportnuus

Liezel voeg nuwe pyl by haar atletiek-koker

Daar was min twyfel dat sy dit sou kon doen. Skrap dit – minder as min, maar wel meer as geen. Liezel Gouws sê sy sou miskien nie tydens die verspringgeleentheid by die onlangse Wêreld Para-Atletiekkampioenskap in Parys, Frankryk op die podium geëindig het nie, maar ʼn topposisie was haar gewis beskore.

“Ek het onlangs met verspring…

Naiden Jaarts vlieg!

Dit was so hittete of sy sierlike duik het veroorsaak dat sy vlerke geknip word. Hy lag nou nog half skaam wanneer hy daaraan terugdink. Dit was Maandag 27 Februarie in Potchefstroom tydens die Varsitybeker. Die Noordwes-Universiteit (NWU) Eagles het op die Fanie du Toit-sportterrein met Shimlas kragte gemeet, in wat uiteindelik op ʼn 63–16 drag…

Ses–stroop vir tennisster Johann

Dit is nou 148 jaar gelede sedert die Fransman Pierre Babolat natuurlike derms – dié van ’n bees – geneem het om snare vir ’n tennisraket te maak. Nou gebruik die topgekeurde manlike tennisspeler by die Noordwes-Universiteit (NWU) sy Babolet Pure Drive-raket om sy opponente op tennisbane regoor die land rond te jaag.

Trouens, die 20-…

Jean Tiedt: Koning van verdediging

Rugby het verander. Dit het ontwikkel. Kyk maar na van die wedstryde in die 70’s, 80’s en vroeë tot middel-90’s. Dit was ’n bietjie van ’n deurmekaarspul, was dit nie? Daar was min struktuur (in elk geval nie soos vandag nie) en dit was meer van ’n skermutseling as ’n kliniese vertoning. Ja, daar was ’n paar asemrowende drieë, maar dit was…

Vernon Paulo beur boontoe

Daar is soveel van ’n vasbyter in Vernon Paulo se benadering tot rugby dat dit ’n mens amper bang maak. Dié amper-22-jarige woelgees van ’n haker is op die oorlogspad. Vra maar vir Ikeys se skrumskakel, Asad Moos, wat tydens die Varsitybeker-finaal tussen die Eagles en die Tigers besluit het om die tuisspan se verdediging met ’n fopaangee te…

Eagles vlieg steeds hoog in die Varsitybeker

Hulle het maar net daardie iets, nie waar nie? Die agterlyn glip seepglad deur hulle teenstanders terwyl die voorspelers soos ’n trop woedende buffels almal uit hulle pad loop. Die Noordwes-Universiteit (NWU) Eagles het op Maandag 20 Januarie vyf drieë opgestapel toe hulle die Central University of Technology (CUT) se Ixias met 45-28 op die…

NWU Eagles sit vir Tuks ore aan

Alles loop weer klopdisselboom. Ná ’n effense insinking teen Maties ’n week gelede, is die NWU Eagles weer op die voorvoet nadat hulle UP Tuks tydens die Varsitybekertoernooi in Pretoria met 26–22 kafgedraf het. Die seëvierende besoekers het vier drieë gedruk– twee deur Tino Swanepoel en een elk deur Keano Windvogel en Theuns Pretorius.…

Ronel Emms: “Daar kan boeke oor haar geskryf word.”

Sy is die onbetwiste moederfiguur van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Rugbyinstituut. Sy is een van die helde agter die skerms. Sy is die vriendelike gesig wat jou eerste groet. Sy is Ronel Emms, en sy het net soveel aandeel aan die Rugbyinstituut se bultende trofeëkas as al dáái drieë wat goud ingesamel het.

As sekretaresse van die…

Afrika-pluimbalkampioenskapstoernooi in Benoni

Afrika se toppluimbalspelers – waaronder drie studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) – het van 13 tot 29 Februarie by die John Barrable-saal in Benoni aan die Oos-Rand bymekaargekom om vas te stel wie ’n pluimbalraket die beste kan swaai.

Die geleentheid was die All Africa-pluimbalkampioenskap en die NWU-studente was Deidré…

Maties stuit Eagles se droombegin

Daar kom die Noordwes-Universiteit Eagles se droombegin vir hulle Varsitybeker-veldtog tot ʼn einde. ʼn Naelskraapse 31–28 nederlaag teen Maties Maandagaand 6 Maart op die Fanie du Toit-sportterrein beteken dat die Eagles se segetog van twee agtereenvolgende oorwinnings nou iets van die verlede is, maar dit het op ’n stadium gelyk of die teendeel…