Onder-19-wêreldbekervuurwerke gee vrouekrieket ’n hupstoot

Hoe lank sal krieket nog as die “Gentleman’s Game” bekendstaan, of is daardie bynaam reeds iets van die verlede? Vrouekrieket het hand oor hand toegeneem en hierdie tendens het in 2023 voortgegaan met die IKK se Onder-19 Krieket Wêreldbeker vir Vroue.

Die gebeurtenis is in Suid-Afrika aangebied en het op drie plekke plaasgevind, naamlik by die Noordwes-Universiteit Oval (NWU Oval) en die JB Marks Oval – albei in Potchefstroom – asook by Willowmore Park in Benoni.

Sestien spanne het aan die toernooi deelgeneem: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Indonesië, Ierland, Nieu-Seeland, Pakistan, Rwanda, Skotland, Suid-Afrika, Sri Lanka, die VAE, die Wes-Indiese Eilande en Zimbabwe.

Die NWU Oval se eerste wedstryd was tussen Pakistan en Rwanda, waar Pakistan met agt paaltjies gewen het. Die finale wedstryd van die toernooi het op 29 Januarie by die JB Marks Oval plaasgevind.

Die NWU het weer eens getoon waarom hulle so ’n gesogte gasheer vir talle wêreldwye sportgebeure is.

Dit is verblydend om te sien hoe vrouekrieket omarm word deur die publiek wat mal is oor krieket, en dit is van die uiterste belang dat jeugtoernooie soos die IKK se Onder-19 Krieket Wêreldbeker vir Vroue van krag tot krag gaan.

Indië het die toernooi Sondag 29 January op die JB Marks Oval gewen deur Engeland te klop.

...

Onderskrif: Indië en Australië in aksie op die NWU Oval. Foto: Wouter Pienaar

Submitted on Tue, 01/31/2023 - 14:54