Mensgerigte Stories

Maatskaplike innoveerders kan nou digitale storievertelling gebruik om hulle oplossings te deel

Danksy die bekendstelling van die Digitale Storievertellingspilpunt van die Noordwes-Universiteit (NWU), het maatskaplike innoveerders nou ’n spliternuwe platform waar hulle oplossings vir hulle gemeenskappe se uitdagings kan deel.

Befondsing wat van die Europese Unie se program Erasmus+ (https://erasmus-plus.ec.europa.eu/opportunities-…

Kundigheid kom na ons mense toe

Die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool het hulle eerste Think Tank voor ’n lewendige gehoor in Somerset-Wes gehou waar die Minister van Finansies se nasionale begrotingstoespraak deur ’n paneel kundiges ontleed en bespreek is.

Hierdie inisiatief vorm deel van ’n reeks skakeltoere wat die skool vir 2022 beplan het. Meer as 150 mense…

Noordwes se drie topmatrikulante sluit by die NWU aan

Die top drie akademiese presteerders wat in 2021 in Noordwes gematrikuleer het, gaan in 2022 aan die Noordwes-Universiteit studeer.

Francois Pieterse van die Hoërskool Ferdinand Postma in Potchefstroom, Michelle le Roux van Potchefstroom Gimnasium en Marlé Siebert van die Hoër…

Groot Brakrivier se groot trots

“Ek kan nie anders nie, ek is so grootgemaak Oom,” antwoord sy dié skrywer se pleidooi om hom op sy noemnaam aan te spreek. Dit is ʼn besliste weier van die sagaardige 17-jarige wat oorkant my sit op die Noordwes-Universiteit se kampus in Potchefstroom, wêrelde verwyderd van die gemeenskap van Groot Brakrivier in die…

NWU-kompetisie inspireer die jeug om nuwe innoverende oplossings te vind

Die Noordwes-Universiteit se jaarlikse Modiragatsi-innoveringskompetisie wat aan hoërskoolleerders tussen die ouderdom van 15 en 18 jaar die geleentheid gee om die volgende geslag probleemoplossers te word, is terug, en dit is hierdie jaar nog groter en beter.

Die kompetisie se vernaamste fokus is steeds om hoërskoolmeisies te bemagtig…

Janco: Voet gebreek, maar slaggereed

Van uitdagings hoef jy hom niks te vertel nie. Hy is immers ’n swemmer wat al sy provinsie, Noordwes, op nasionale vlak verteenwoordig het. Ure se sweet in die gimnasium? Geen probleem nie. Dit juis al die sweet in die water en met gewigte wat dáái paar skouers gebou het waarop sy volgende uitdaging, en sy volgende…

Hartseer en oorwinning vir NWU Eagles

Hartseer. ’n Allesoorheersende hartseer. ’n Hartseer wat voel soos wanneer jou enigste ware liefde jou die oggend voor die matriekafskeid afsê.

Jammer vir hierdie oordrywing, maar dit is hoe die meeste van die NWU Eagles se ondersteuners sou gevoel het nadat die Eagles in die…

NWU was gasheer vir SASCOC-indaba

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het tussen 9 en 11 Februarie 2022 gasheer gespeel vir die SASCOC Hoëprestasie-indaba wat by die Sports Village gehou is. SASCOC het hierdie strategiesebeplanningsessie gebruik om die prestasie van die Olimpiese en ander elitespanne van die afgelope vyf jaar in oënskou te neem, en om ’n…

Breë begrotingstoespraak is positief vir besighede en verbruikers

“In die uitdagende ekonomiese omstandighede het die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, getoon dat Suid-Afrika se staatsfinansies in veilige hande is terwyl hy dit in die onmiddellike toekoms na skuldstabiliteit en fiskale volhoubaarheid stuur.”

In sy kommentaar op die 2022-begroting, wat op 23 Februarie gelewer is, sê prof…

NWU-sterrekyker help om die wonderlike beelde van ’n magiese kosmiese “vuurwerkvertoning” vas te lê

Dit is vinniger as ’n oogknip, groter as ons hele heelal, en pulseer met ondenkbare intensiteit. Dit is een van die energierykste kosmiese gebeurtenisse wat tot op hede vanaf die aarde waargeneem en vasgelê is – ’n skokgolf wat oor 6,5 miljoen ligjaar strek.

Om hierdie magiese “…