Mensgerigte Stories

Seksisme en seksuele teistering is groot uitdagings vir vroue-entrepreneurs

Hoewel entrepreneurskap sy eie uitdagings het, ervaar vroue ’n bykomende klompie struikelblokke wat uniek aan hulle is. Op papier het Suid-Afrika wonderlike geleenthede vir vroulike entrepreneurs, maar in werklikheid affekteer talle ekonomiese, maatskaplike en kulturele struikelblokke vroue en hulle ondernemings.

Volgens ’n studie wat…

Regter Bess Nkabinde ontvang ’n eredoktorsgraad van die NWU

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het op 21 Oktober 2021 vir regter Bess Nkabinde met ’n eredoktorsgraad vereer vir haar buitengewone bydrae tot die regsberoep en tot maatskaplike geregtigheid in Suid-Afrika.

Sy is genomineer deur die Fakulteit Regte, met wie sy noue bande het, nie net vir haar noemenswaardige bydrae tot ons land se…

NWU in die top-100 op die ranglys vir universiteite in ontluikende ekonomieë (Emerging Economies University Ranking) vir 2022

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het weer eens ’n top-100-plasing op ’n internasionale ranglys gekry. Dit is in die 96ste plek – en vyfde plek in Suid-Afrika – op die ranglys van die universiteite in ontluikende ekonomieë (Emerging Economies University Ranking) van Times Higher Education (THE) geplaas.

Drieminute-tesis toon dat minder meer kan wees

Bondige, duidelike kommunikasie is noodsaaklik in die akademiese omgewing. Dit is ’n vaardigheid wat maak dat jou navorsingsvisie gehoor word en selfs ’n beter vaardigheid om dit verstaanbaar te maak.

Hier het ons die drieminute-tesis-kompetisie (3MT-kompetisie). Die kompetisie is…

Jongste ranglyste toon NWU se vakke van gehalte

​Die Noordwes-Universiteit (NWU) is een van die beste tersiêre-onderwysinstellings vir onderrig op pad na ’n professionele loopbaan. Dit is herbevestig deur die jongste ranglys van die Times Higher Education (THE) World Rankings wat die NWU onder die top plaaslike universiteite plaas.

THE se 2022-ranglys wat op 13 Oktober vrygestel is,…

NWU onder die bestes in ingenieurstudies

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is een van die topinstellings in Suid-Afrika in ingenieurstudies.  Dit is volgens die jongste ranglys deur Times Higher Education (THE), wat die NWU op die gebied van ingenieurswese in die derde posisie onder nege plaaslike hoëronderwysinstellings geplaas het (dieselfde as verlede jaar…

NWU slaan sesse: Plavei die pad – een LEGO-blokkie op ’n keer

Daar is ’n beroemde Chinese spreekwoord wat sê “As jy vir ’n jaar beplan, plant rys; as jy vir ’n dekade beplan, plant bome; as jy vir ’n leeftyd beplan, voed mense op”.

Daar is talle maniere waarop ’n mens ’n impak in die wêreld kan maak, maar daar is geen groter impak wat gemaak…

Liezl is terug en sterker as ooit

Sy is terug. Maar tog anders. Sy is nie meer dieselfde Liezl Gouws nie. Japan het haar verander. Dit het sowat 100 km weg van die skadu van Berg Fuji en sy sneeubedekte kroon gebeur. Elke druppel sweet wat van haar afgetap het is verruil vir wysheid en ervaring.

Liezl (23) het…

Lae vlak van leenkoste bevorder steeds ekonomiese stabiliteit

Die besluit verlede week deur die Monetêre Beleidskomitee (MBK) om die repokoers vir die vierde agtereenvolgende keer onveranderd te laat, was te wagte, en in ooreenstemming met markverwagtings.

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (…

Studie oor grootskaalse potensiaal om hernubare waterstof te stoor

Navorsing wat tans by die Noordwes-Universiteit (NWU) uitgevoer word oor nuwe en beter maniere om waterstof te stoor, kan daartoe lei dat kragfluktuasies wat soms met hernubare energiebronne geassosieer word iets van die verlede word.   Die HySA-bevoegdheidsentrum by die NWU verduidelik die stoorprobleem soos volg: Elektriese energie wat uit…