Kundigheid kom na ons mense toe

Die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool het hulle eerste Think Tank voor ’n lewendige gehoor in Somerset-Wes gehou waar die Minister van Finansies se nasionale begrotingstoespraak deur ’n paneel kundiges ontleed en bespreek is.

Hierdie inisiatief vorm deel van ’n reeks skakeltoere wat die skool vir 2022 beplan het. Meer as 150 mense het die geleentheid persoonlik bygewoon, en 160 mense het aanlyn ingeskakel.

Die paneel kundiges het mense ingesluit soos:

  • Regter Dennis Davis (voorsitter vir die geleentheid);
  • Prof Steven Friedman (navorsingsprofessor by die Universiteit van Johannesburg);
  • Prof Raymond Parsons (professor in Ekonomie by die NWU Besigheidskool);
  • Mnr Isaah Mhlanga (hoofekonoom by Alexander Forbes);
  • Mnr Crispin Sonn (direkteur van maatskappye).

Die NWU Besigheidskool se Think Tank- en Pitso-besprekings is gebeurtenisse wat deel vorm van die inisiatiewe waar ons doelwit is om oop en eerlike akademiese debatte te voer ten opsigte van dringende kwessies wat besighede en die samelewing in Suid-Afrika raak.

Volgens die skool se hoofdirekteur, prof Jan van Romburgh, is die mandaat om die denke van bestuurders in Afrika te vorm, en om hierdie doelwit te gebruik om die skool se voetspoor in Afrika te vergroot deur meer van hierdie hibriede geleenthede in die land en in Afrika aan te bied. “Ons het ’n verpligting om die Suid-Afrikaanse ekonomie met ons wye omvang van kundigheid te stimuleer en om moontlike oplossings te verkry.  Hierdie inisiatiewe sal ook die profiel en die reputasie van die NWU Besigheidskool na die volgende vlak neem. Ons benut hierdie geleenthede om netwerke te vorm en met denkleiers en invloedryke mense in Suid-Afrika en Afrika skouers te skuur.”

Submitted on Fri, 03/04/2022 - 09:07