Nuwe boek ondersoek die verskuilde wêreld van waterparasiete
’n Beduidende bydrae tot omgewingswetenskap is op Vrydag 16 Mei gemaak toe ’n nuwe boek, Aquatic Parasitology – Ecological and Environmental Concepts and Implications of Marine and Freshwater Parasites, vrygestel is. Prof Nico Smit van die Noordwes-Universiteit (NWU) en prof Bernd Sures van die Universiteit van Duisburg-Essen was die mederedakteurs, en die boek kyk in diepte na die rol van parasiete in water-ekostelsels.