Navorsing ondersoek die behoefte aan ’n streeksbeleid in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap

Die skepping en uitvoering van supranasionale streeksbeleide is ’n kritieke eerste stap om streke voor te berei om kernspelers op die wêreldwye verhoog te word. Die doel van sulke beleide is om ’n streek se basis te moderniseer en te herstruktureer, en volhoubare ontwikkeling oor grense heen te bevorder en aandag aan ekonomiese en maatskaplike ongelykhede te skenk.

Prof Mariske van Aswegen en prof Ernst Drewes van die Noordwes-Universiteit (NWU) is die redakteurs van ’n boek getiteld Regional Policy in the Southern African Development Community. Die boek, wat in Maart 2024 gepubliseer is, ondersoek kerninsigte in ekonomiese beleidsbeplanning vir streke en werk aan transformatiewe praktyke en uitkomste in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG).

Prof Van Aswegen is ’n buitengewone professor by die Eenheid vir Omgewingswetenskappe en -bestuur (UESM), en prof Drewes is in die Skool vir Geo- en Ruimtelike Wetenskappe onder die vakgroep van Stads- en Streekbeplanning. Hulle is onder die vakkundiges en verskillende navorsingsentiteite wat ’n waardevolle bydrae tot die SAOG se streeksbeleid en beplanningslandskap lewer. Hierdie gebied is geskiedkundig oor die hoof gesien.

Gevorderde samewerking tussen streke

Die boek hanteer die drie dringendste kwessies wat die SAOG geïdentifiseer het: beleid, fisiese en strukturele aspekte en ekonomiese en handelsperspektiewe. Die laaste gedeelte van die boek bied ’n omvattende begrip en gedetailleerde voorstel vir elke voorafgaande afdeling.

Die vertrekpunt van die boek is dat deur infrastruktuur te bou wat streke verbind, die Suider-Afrikaanse nasies waaruit die SAOG se Streeks- Ekonomiese Gemeenskappe (REC’s) bestaan hulle funksionele handelsinterafhanklikheid tot hulle wedersydse voordeel ’n hupstoot kan gee. REC’s is streeksgroeperings van Afrika-state en die pilare van die Afrika-unie. 

Hierdie nasies is Angola, Botswana, die Comoro-eilande, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Eswatini, Lesotho, Madagaskar, Malawi, Mauritius, Mosambiek, Namibië, die Seychelle, Suid-Afrika, die Verenigde Republiek van Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.   

Die redakteurs lewer ’n bydrae tot die voorsetting van gesprekke oor die streeksbeleid deur deurlopende gesprekke aan te moedig oor die bevordering van samewerking oor grense heen en die ontwikkeling in die streke te bevorder. Hulle doel is om die Globale Suide se stem en navorsing in onder andere ruimtelike ekonomiese en streeksontwikkeling te versterk.

Tot nou toe was daar min leiding ten opsigte van beleid vanuit ’n streeks- en landspesifieke perspektief in die SAOG. Die boek vul van die gapings deur strategiese beleidsdenke met alternatiewe streeksbeleid- en beplanningsbenaderings daar te stel. Dit bied haalbare en praktiese beleidsoplossings vir inter- en intrastreeksamewerking en ondersoek kenmerke wat vir die vorming van streeksbeleide relevant is.

Terselfdertyd bevorder die publikasie die missie van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe deur die veerkragtige en volhoubare ontwikkeling van Afrika te beklemtoon. Dit versterk die NWU se posisie as die voorste navorsingsinstelling in streeksbeplanning en beleidsvorming in Suid-Afrika en binne die SAOG. 

Meer oor die redakteurs

Prof Ernst Drewes is ’n bekende geregistreerde professionele stads- en streeksbeplanner met 30 jaar ervaring in die bedryf. Hy is ’n geakkrediteerde kommersiële mediator wat in eiendomsontwikkelingmediasie spesialiseer, en is ’n trotse lid van die Suid-Afrikaanse Raad vir Beplanners (SACPLAN). 

Prof Mariske van Aswegen se navorsingswerk fokus op die veerkragtigheid in die perifere streek, streeksbeleid en streeks- strategiese beplanning. Sy is ’n gekwalifiseerde en professionele SACPLAN-geregistreerde stads- en streeksbeplanner met 20 jaar se akademiese ervaring op die gebied.

Mariske

Prof Mariske van Aswegen

Ernst

Prof Ernst Drewes

book

Die boek, Regional Policy in the Southern African Development Community.

Submitted on Wed, 10/09/2024 - 08:57