Werkloosheidsvlak laat kommer oor swak groeiprestasie styg
Die 1%-styging in die werkloosheidvlak in die eerste kwartaal van 2025 veroorsaak verdere kommer oor Suid-Afrika se swak groeiprestasie.
Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, sê met die voorspellingsvooruitsig van die bruto binnelandse produk (BBP) vir 2025 wat deur verskeie instellings en ekonome progressief tot 1,5% en laer verlaag is, is dit nie onverwags dat dit nou deur nog hoër werkloosheidsvlakke weerspieël word nie.