Mensebelange

NWU-fietsryer meester van die baan

Die direkteur van die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie (CHHP) aan die Noordwes-Universiteit (NWU), prof Pieter Kruger, het sy kennis van sportwetenskap en prestasiesielkunde op ’n briljante wyse toegepas deur die 20 km-punteresies tydens die Suid-Afrikaanse Baanfietsrykampioenskap by die Bellville-fietsrybaan te wen.

Submitted on Thu, 04/07/2022 - 14:05

SADiLaR en NWU stel die Digitale Humaniora Oop Opvoedkundige Hulpbronne se Kampioene-inisiatief bekend

Die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Digitale Taalhulpbronne (SADiLAR) en die UNESCO-leerstoel vir Multimodale Leer en Oop Opvoedkundige Hulpbronne (OOH) aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het tans hulle eerste inname by hulle Kampioene-inisiatief van Digitale Humaniora (DH) OOH.

Submitted on Tue, 04/05/2022 - 14:16

Die NWU se kernnavorsing het ’n wêreldwye impak

Baanbrekerswerk, veeleisende jare van onderrig en leer en gespesialiseerde navorsing het oor die afgelope dekade en ’n half daartoe gelei dat die Noordwes-Universiteit (NWU) nou as Suid-Afrika se pionier op die gesofistikeerde gebied van kerningenieurswese beskryf word. Dit volg ná die onlangse voltooiing van die maksimum gekontrakteerde tydperk van 15 jaar vir ’n navorsingsleerstoel by die NWU se Fakulteit Ingenieurswese.

Submitted on Tue, 04/05/2022 - 13:33

Waarom nog vakke voeg by ’n skoolleerplan wat reeds oorvol is, terwyl die hele leerplan herontwerp moet word?

Die woord “digitaal” handhaaf deesdae ’n sterk teenwoordigheid in feitlik elke sektor, saam met oproepe vir die heropleiding en verdere opleiding van die arbeidsmag ten opsigte van digitale geletterdheid en vaardighede sodat hulle in die toekomstige werksomgewing relevant kan bly. Die Covid-19-pandemie het klaarblyklik die tempo en dringendheid vir die verkryging van hierdie vaardighede versnel.

Submitted on Tue, 04/05/2022 - 09:17