NWU-navorsers help om die pad vorentoe vir waterstof in Suid-Afrika uit te stippel
Die Aarde is in die moeilikheid. Ons is besig om onder wolke van koolstofdioksiedvrystellings te verstik as gevolg van die gebruik van steenkool en ander hulpbronne om energie op te wek, en dit doen die omgewing skade aan. Hierdie vrystellings is die primêre oorsaak van aardverwarming, en as die mens die ergste gevolge van aardverwarming* wil vermy, moet ons alternatiewe vir ons energiebehoeftes vind.