Eagles hou halfeind-deur oop
Bertie Jacobs
Jinne, dit gaan verdeksels naby wees. Die NWU Eagles het Maandagaand 4 April in ʼn papsopnat Bloemfontein hulle uitspeelronde-hoop aan die brand gehou deur die CUT Ixias met 33–14 te klop.
Bertie Jacobs
Jinne, dit gaan verdeksels naby wees. Die NWU Eagles het Maandagaand 4 April in ʼn papsopnat Bloemfontein hulle uitspeelronde-hoop aan die brand gehou deur die CUT Ixias met 33–14 te klop.
Die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Digitale Taalhulpbronne (SADiLAR) en die UNESCO-leerstoel vir Multimodale Leer en Oop Opvoedkundige Hulpbronne (OOH) aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het tans hulle eerste inname by hulle Kampioene-inisiatief van Digitale Humaniora (DH) OOH.
Baanbrekerswerk, veeleisende jare van onderrig en leer en gespesialiseerde navorsing het oor die afgelope dekade en ’n half daartoe gelei dat die Noordwes-Universiteit (NWU) nou as Suid-Afrika se pionier op die gesofistikeerde gebied van kerningenieurswese beskryf word. Dit volg ná die onlangse voltooiing van die maksimum gekontrakteerde tydperk van 15 jaar vir ’n navorsingsleerstoel by die NWU se Fakulteit Ingenieurswese.
Die woord “digitaal” handhaaf deesdae ’n sterk teenwoordigheid in feitlik elke sektor, saam met oproepe vir die heropleiding en verdere opleiding van die arbeidsmag ten opsigte van digitale geletterdheid en vaardighede sodat hulle in die toekomstige werksomgewing relevant kan bly. Die Covid-19-pandemie het klaarblyklik die tempo en dringendheid vir die verkryging van hierdie vaardighede versnel.
Willie Du Plessis
Met die uitstekende uitslae in die jongste eksamen van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) het die Noordwes-Universiteit (NWU) weer eens getoon dat hy onder die beste van die bestes vir gehalte-onderrig in rekeningkunde tel.
Bertie Jacobs
Bertie Jacobs
Bertie Jacobs
Arnold (Arrie) Rautenbach, ’n alumnus van die Noordwes-Universiteit (NWU), is as Absa se nuwe Hoof- Uitvoerende Beampte: Kleinhandel- en Sakebankeenheid Suid-Afrika aangestel en neem die leisels by dié bankreus met onmiddellike effek oor.
Arrie is sedert November 2011 die hoof van Absa se kleinhandel- en sake-eenheid.
Kuberaanvalle is besig om toe te neem namate die wêreld meer gekonnekteer raak en die belonings groter is.
Volgens ’n akademikus van die Noordwes-Universiteit (NWU) gaan die moontlike belonings vir kuberaanvallers toenemend groter word namate meer aspekte van ons daaglikse lewens met mekaar verweef en van aanlyn interaksie afhanklik raak.
Prof Wian Erlank van die Fakulteit Regte sê hy hou ’n wakende oog oor kubersekuriteitsverwikkelinge om te verstaan hoe dit ander areas beïnvloed van die reg waaroor hy navorsing doen.