Studentelewe Nuus
SONA 2023: Woorde moet met geloofwaardige optrede ondersteun word
Die 2023-staatsrede (SONA), wat op 9 Februarie deur president Cyril Ramaphosa in die parlement gelewer is, het ’n omvattende, openhartige en realistiese evaluering van Suid-Afrika se huidige moeilike en uitdagende ekonomiese landskap gegee.
Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, sê die…
Bestuursrekenmeesterskap-studente blink in wêreldwye assessering uit
Studente van die Skool vir Rekeningkundige Wetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het weer eens getoon waarom die skool sowel as sy studente so hoog aangeskryf word toe hulle ’n verstommende 85%-slaagsyfer in die bestuursgevallestudie-eksamen van die Chartered Institute of Management Accountants (CIMA) behaal het. Dit is ’n wêreldwye…
Etiese leierskap vir die nuwe werksomgewing
Een van die grootste uitdagings vir leiers in die huidige toenemend aanlyn besigheidswêreld is hoe om hulle werk as bestuurders uit te voer. In die verlede was dit vir leiers makliker om ’n kultuur van vertroue en integriteit te bevorder, omdat hulle geweet het wat elkeen besig was om te doen en hulle kon sien wanneer iemand nie in…
Burger nou Rugbyinstituut se veldmaarskalk
Dit is ʼn snikhete Donderdagmiddag met die kwik wat so hoog styg soos beurtkraggemoedere. Die Rugbyinstituut van die Noordwes-Universiteit (NWU) se spankamer, aikona, oorlogkamer, is egter koel. ʼn Tafelgrootte replika van ʼn rugbyveld begroet jou as jy instap, asook Burger van der Westhuizen, die NWU Eagles se nuwe Varsitybeker-afrigter.
…
Korrekte oordeel beperk die tempo van rentekoersverhoging
“Soos te wagte het die Monetêrebeleidskomitee (MBK) van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) voortgegaan met sy siklus van rentekoersverhogings, met ’n styging van 25 basispunte (bsp) in plaas van die hoër opsie van 50 bsp wat ook wyd bepleit is.”
Volgens prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) se…
Skerp styging in mediadekking waarby die NWU betrokke is in 2022
Niemand kan sê dat 2022 nie ’n gebeurtenisvolle jaar ten opsigte van nuusgebeure was nie. Die inval in Oekraïne; ’n wêreldwye styging in inflasie; die dood van prominente figure, nie net in die vermaaklikheidsbedryf nie, maar ook groot internasionale persoonlikhede soos koningin Elizabeth II; en die toenemende effek van klimaatsverandering het…
’n Kykie in die ekonomiese kristalbal vir 2023
Dit is moeilik om aan ’n tyd te dink toe daar so baie ekonomiese en politieke strominge was as wat Suid-Afrika nou ervaar waar ons aan die begin van 2023 staan. So sê prof Raymond Parsons, ekonoom van die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU).
Volgens hom sal Suid-Afrika se ekonomiese vooruitsigte vir 2023 breedweg bepaal…
NWU: Bemagtig ons gemeenskappe
Die Noordwes-Universiteit (NWU) is daartoe verbind om die lewens van die mense in die gemeenskappe wat ons dien, te verbeter, en ons is trots op ons belegging in ons plaaslike gemeenskappe sodat hulle met gesondheid, voorspoed en ontwikkeling gehelp kan word. Die NWU is ’n unitêre instelling wat kampusse in Mahikeng, Potchefstroom en…
NWU het sy kapasiteit bereik – geen instapstudente tydens die registrasie van eerstejaarstudente toegelaat nie
Die Noordwes-Universiteit (NWU) sal nie tydens die registrasietyd vir eerstejaarstudente in 2023 persone wat nie vir toelating gekwalifiseer het nie, nie ’n aanbod om te studeer, ontvang het nie, of dié wat laat aansoek gedoen het, toelaat om sy kampusse as sogenaamde instapstudente te betree om in te skryf nie.
Die NWU het reeds sy…
16 Dae van Aktivisme: GBV behoort iets van die verlede te wees
Ons as Suid-Afrikaners het vanaf 25 November tot 10 Desember hande gevat met die res van die wêreld om aan die Verenigde Nasies se veldtog van 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders deel te neem. Die veldtog, wat jaarliks gehou word, het op die Internasionale Dag van Geen Geweld teen Vroue begin en sal op Internasionale…