NWU het sy kapasiteit bereik – geen instapstudente tydens die registrasie van eerstejaarstudente toegelaat nie

Die Noordwes-Universiteit (NWU) sal nie tydens die registrasietyd vir eerstejaarstudente in 2023 persone wat nie vir toelating gekwalifiseer het nie, nie ’n aanbod om te studeer, ontvang het nie, of dié wat laat aansoek gedoen het, toelaat om sy kampusse as sogenaamde instapstudente te betree om in te skryf nie.

Die NWU het reeds sy volle kapasiteit vir sy 2023-inname bereik, en daar is geen ekstra plekke beskikbaar nie. Bykans 200 000 aansoeke is ontvang, van wie slegs 11 662 ingevolge ons goedgekeurde inskrywingsdoelwitte geakkommodeer kan word.

“Die NWU is trots op elke graad 12-leerder wat hulle skoolloopbaan suksesvol voltooi het en wens hulle nou reeds alles van die beste toe waar hulle hulle verskillende ondernemings aanpak. Ongelukkig kan ons bloot geen instapstudente akkommodeer wat nie tydens die aansoekproses van verlede jaar gekwalifiseer het nie,” sê die adjunkregistrateur, prof Michael Temane.

Hy sê dat instapstudente meestal studente is wat nie aanvaar is nie en wat steeds wil studeer, maar nie aan die kriteria voldoen nie, of nie vir toelating aansoek gedoen het nie.

Terugvoer sal vanaf 20 Januarie 2023 aan aansoekers gestuur word wanneer Graad 12-uitslae vrygestel word. Enige voornemende studente wat onseker is of hulle toegelaat is om aan die NWU te studeer, moet vanaf 23 Januarie 2023, wanneer aanlyn registrasie sal begin, die Sentrale Aansoek- en Toelatingskantoor (SATK) se oproepsentrum of enigeen van die NWU-kampusse se hulptoonbanke skakel.

Sentrale Aansoek- en Toelatingskantoor: 018 285 4320

Mahikengkampus: 018 389 2252/018 389 2525

Potchefstroomkampus: 018 285 2692/018 299 4055

Vanderbijlparkkampus: 016 910 3114/016 910 3023

Prof Temane herinner onsuksesvolle aansoekers daaraan dat ’n ander geleentheid vir registrasie vir verdere studie bestaan, aangesien hulle aanlyn op die Central Applications Clearing House (CACH) se webwerf kan registreer. Die doel van die CACH se inskrywingsdiens is om loopbaanontwikkelingsdienste aan onsuksesvolle aansoekers te bied en, waar moontlik, ’n geleentheid om plekke te benut wat moontlik by ander hoëronderwysinstellings beskikbaar kan wees.

Inskrywingsopsies:

· WhatsApp-boodskap aan die kletsbotnommer: 078 776 8660

· USSD: *134*225# · Aanlyn by cach.ac.za

· Verdere inligting is ook op Facebook beskikbaar: CACH_SA

Die CACH-gerief stuur voornemende studente se inligting na alle tersiêre-onderwysinstellings. Hierdie instellings kan hulle kontak indien plekke beskikbaar is en as die studente aan die vereistes voldoen.

Submitted on Tue, 01/17/2023 - 09:14