Studentelewe Nuus
Innoveerders neem aan die Britse Raad (British Council) se kommersialisasieprogram deel
Die Britse Raad in Suid-Afrika het twee innoveerders van die Noordwes-Universiteit (NWU) gekies om aan sy intreeprogram oor die versterking van vaardighede in kommersialisasie – Strengthening Commercialisation Skills (SCS) – deel te neem. Hierdie program is op die gebiede van die geesteswetenskappe, kunste en die sosiale wetenskappe (HASS)…
Beursfonds-verteenwoordigers van ISFAP op ’n spesiale toer deur die NWU
Prof Bismark Tyobeka, hoof en visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU), het op 18 November vir Morné du Toit, hoof- uitvoerende beampte, en Jethro Hill, IT-bedryfsbestuurder van die Ikusasa- finansiële hulpprogram vir studente (Ikusasa Student Financial Aid Programme, ISFAP) vir ’n strategiese bespreking en ’n spesiale toer van die…
Besluit om die rentekoers te verhoog, dra ’n sterk boodskap oor die hantering van inflasie uit
“In ooreenstemming met markverwagtings het die Monetêrebeleidskomitee (MBK) met ’n meerderheidstem van drie teenoor twee die repokoers met nog 75 basispunte verhoog. Die minderheid was ten gunste van ’n 50-basispuntverhoging.”
Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU), sê die verklaring en…
AUTHeR – Unmasked Research-4-Health
Die Fakulteit Gesondheidswetenskappe en die Afrika-eenheid vir Transdissiplinêre Gesondheidsnavorsing (AUTHeR) het op 2 November, in samewerking met die provinsiale Departement van Gesondheid, die Dr Kenneth Kaunda-distrik se navorsingsdag op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) aangebied. Dit was die eerste geleentheid…
Indrukwekkende innovasies staan uit tydens Leopards Lair-kompetisie
Die indrukwekkende innovasies van die studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) het uitgestaan tydens die onlangse Leopards Lair-kompetisie en het vir die innoveerders welverdiende erkenning en gesogte pryse besorg.
Dit was hierdie jaar die NWU se sesde Leopards Lair-kompetisie. Dit word jaarliks gehou om studente-entrepreneurskap…
Tegnologie-oordrag en Innovasie-ondersteuning vier NWU se skeppers van IE
Die Tegnologie-oordrag en Innovasie-ondersteuning-kantoor (TTIS) by die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs ’n vieringsgeleentheid vir die NWU se skeppers van intellektuele eiendom (IE) gehou.
Die mandaat van die TTIS is om navorsers en uitvinders by die NWU te help om hulle navorsing in nuwe en lewensvatbare produkte en dienste tot…
NWU-ontwerpers ontvang Loerie- en Pendoring-toekennings
Die talent en kreatiwiteit van die studente en gegradueerdes van die Grafiese Ontwerp-vakgroep by die Noordwes-Universiteit (NWU) het by die onlangse internasionale Loerie-toekennings en nasionale Pendoring-toekennings erkenning ontvang.
Die NWU se studente en gegradueerdes het nog altyd in hierdie kompetisies geskitter, en hierdie jaar…
NWU se visekanselier spreek joernaliste by die Nasionale Persklub se post-covid herbekendstelling toe
Die Nasionale Persklub (NPK) het op Donderdag 3 November sy post-Covid-19-herbekendstelling by die ikoniese Pretoriase Nasionale Botaniese Tuin gehou. Lede van die NPK sluit nuusjoernaliste, akademici, entrepreneurs en lede van die samelewing in. Besluitnemers en intellektuele wat die Suid-Afrikaanse diskoers bevorder, is ook lede.
…
Prof Shan Simmonds oor die herbesinning oor menseregte – saam met en in die kurrikulum
Toe Suid-Afrika in 1994 tot ’n demokratiese staat verklaar is, was prof Shan Simmonds net 11 jaar oud. Hoewel sy besef het dat dinge om haar verander, kon sy nie die dieper diskoers verstaan wat hierdie veranderings deurtrek het nie. Haar ervaring was dat ’n handjievol swart leerders gevoeg is by wat tot op daardie stadium ’n…