NWU begin Varsitybeker met ’n oorwinning

Die Arende is op hulle pos! Die NWU se Varsitybeker-veldtog het op ’n hoë noot begin toe hulle die Madibaz van NMMU op Maandag 5 April in Pretoria met 47–28 geklop het.

Soos die telling aandui, was dit ’n harde wedstryd, met talle drieë wat deur albei spanne gedruk is. Afrigter André Pretorius se span het sewe keer oorgeduik, hoewel die eerste drie deur NMMU se Khakalethu Bophi aangeteken is vir ’n vroeë voorsprong van 5–0.

Hierdie voortreflike begin kon nie die Arende se vlerke knip nie, hoewel hulle dit dikwels vir hulleself ’n bietjie moeilik gemaak het. Haker Gustav du Rand was ’n inspirasie. Met ’n sterk vertoning in die los spel en bestendigheid in die vaste spel het die Player that Rocks’n onvergeetlike wedstryd gehad.

Kaptein Lincoln Daniels se span kom Donderdag voor die Shimlas te staan, en tree dan Sondag voor die sterk UP-Tuks aan op hulle tuisveld.

In ander uitslae in die eerste rondte het UJ hulle aaklige tendens van verlede jaar voortgesit deur 13–46 teen die SUT Ixias te verloor, terwyl UP-Tuks Wits met 28–25 geklop het. UWK en die Shimlas het gelykop met 28 elk geëindig, en Ikeys het hulle gevreesde teenstander, Maties, met 26–20 geklop.

........

Die stalismatiese kaptein van die NWU Eagle Lincoln Daniels het al sy vaardighede besweer voordat die Covid-19-epidemie toegeslaan het.

 

Submitted on Thu, 04/08/2021 - 11:33