Sportnuus

Rugbyklub sluit sportjaar op hoë noot af

Wanneer jy 75 persent van jou driejaar-regrukplan se doelwitte in een jaar behaal, het daar een van twee dinge gebeur: óf jou mikpunte was te lag, óf jy het ‘n uitsonderlike seisoen beleef. In die geval van die Noordwes-Universiteit (NWU) Vaal Rugbyklub is die tweede scenario van toepassing.

Dié klub het onlangs sy jaarlikse…

NWU Vaal en KFC Minikrieketfees: klein spelertjies, groot drome!

As dit kom by kriekettalent staan die Vanderbijlpark nie ‘n enkele tree terug nie, en is die kans goed dat die volgende AB de Villiers, JP Duminy en Kagiso Rabada uit eie geledere opgelewer sal word. Dié gewaarwording is tydens die onlangse KFC Minikrieketfees gemaak, wat op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark aangebied…

Onoorwonne seisoen vir NWU Vanderbijlpark rugby

‘n Onoorwonne seisoen is iets waaroor enige afrigter en speler droom, maar slegs ‘n uitgelese groep sal dié prestasie op hulle getuigskrif kan aanbring.

Die o.21-rugbyspan van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark het dié uitsonderlike maalpyl vroeër vandeesmaand vermag toe hy sy eweknie Brakpan met 42-37 in die…

NWU maak ’n impak tydens Eureka Skool se spesiale sportdag

Dit is ’n foto wat voorwaar boekdele spreek. Twee jong leerders wens mekaar geluk nadat hulle aan die jaarlikse spesiale sportdag van die Eureka Skool deelgeneem het. Met hulle breë glimlagte en blink ogies dra hulle trots hulle gedenkmedaljes om hulle nekke. 

’n Gesig soos hierdie getuig van die Noordwes-…

NWU Rugby-instituut: Vanderbijlpark verwelkom hoofafrigter

Dewald Pieters is ’n man met ’n missie. Vir die pas aangestelde hoofafrigter van die Noordwes-Universiteit (NWU) Rugby-instituut: Vanderbijlpark bring 2019 nuwe geleenthede en die belofte van sukses.

Dewald (37) is in die Vanderbijlpark gebore en getoë, en hy is nie net met die plaaslike rugbytoneel vertroud nie, maar ook in die beste…

Klein krieketspelertjies, groot drome!

As die Proteas se afrigter, Ottis Gibson, die jong talent by die onglangse KFC minikrieketdag, wat by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vanderbijlparkkampus gehou is, kon sien, sou ouens soos AB de Villiers, JP Duminy en Kagiso Rabada iets gehad het om oor bekommerd te wees.

Tydens hierdie gebeurtenis het spelers so jonk as ses jaar gewys…

NWU-kundige werp lig op mededingingsintelligensie in sport

Mededingingsintelligensie help jou met jou aspirasies deur jou toe te rus met die inligting wat jou sal bystaan in jou strewe om ’n atleet op die podium te plaas. Só sê dr Liandi van den Berg, ’n kundige in sportbestuur aan die Noordwes-Universiteit (NWU).

Dr Van den Berg het onlangs tydens ’n sportdirekteursberaad in Pretoria ’n…

ICSS 2018: bevorder inter- en multidissiplinêre studies oor sosiale wetenskappe

Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het saam met die Sosiale Wetenskappe Navorsingsvereniging in Turkye onlangs die 9de internasionale konferensie oor sosiale wetenskappe aangebied.

Die konferensie het in George in die prentjiemooi Wes-Kaap plaasgevind en afgevaardigdes van regoor Suid-Afrika…

NWU Vanderbijlpark presteer goed in Peregrine-liga

Daar word gesê dat sweet plus opoffering gelyk is aan sukses. Wanneer ’n mens na die telkaart van die afgelope naweek kyk, lyk dit asof die rugbyspanne van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark daarmee saamstem.

Die kampus het die geskiedenisboeke herskryf toe hulle hul aartsvyande, Brakpan, in die Valke se Peregrine-…

Alles gereed vir die Sasol/NWU Vanderbijlpark Basketbaltoernooi

Alles is gereed vir die jaarlikse Sasol/NWU Vanderbijlpark Senior Basketbaltoernooi, wat van 2 tot 4 Maart 2018 plaasvind.

Sasol, ’n internasionale geïntegreerde chemiese en energiemaatskappy, gaan as die hoofborg van die gebeurtenis optree en spanne van regoor Suid-Afrika en die res van die vasteland sal die baan betree en mekaar die stryd…