Mediavrystellings

Prestige en prag waar die NWU sy 20-jarige verjaardag vier

Dit was ’n gebeurtenis om te onthou toe hooggeplaastes en gaste by die Noordwes-Universiteit (NWU) byeengekom het om twee dekades van sukses te vier. Die universiteit het nie net aandag geskenk aan die talle mylpale en prestasies sedert sy stigting nie, maar ook vir die gaste ’n blik op sy planne vir die toekoms gegee.

“Die doelgerigte…

Rassie Erasmus gaan ’n eredoktorsgraad van die Noordwes-Universiteit ontvang

Die Noordwes-Universiteit (NWU) gaan ’n eredoktorsgraad toeken aan die Springbok-hoofafrigter en voormalige SA Rugby se Direkteur van Rugby, Johan “Rassie” Erasmus, wat Suid-Afrika gehelp het om die Rugby Wêreldbeker te wen. Die NWU Raad het die besluit tydens hulle gewone vergadering op Donderdag 16 November 2023 goedgekeur. Die versoek vir…

R15,456 miljard: Privaat wildjagtery beteken groot geld

Die Suid-Afrikaanse privaat wildjagbedryf is een wat gekoester moet word. Dit is weer eens duidelik gemaak deur navorsing wat uitgevoer is deur die navorsingseenheid vir Toerismenavorsing in Ekonomie, die Omgewing en die Samelewing (TREES), wat deur prof Peet van der Merwe, Andrea Saayman en Elmarie Slabbert uitgevoer is. Die navorsing het…

Die Suid-Afrikaanse minibustaxibedryf: ’n Beeld van gevange gebruikers en ’n gebrek aan regulering

Die minibustaxibedryf is – ten spyte van populêre opinie – meer georganiseerd as wat algemeen geglo word.

Die taxibedryf leen homself tot ernstige korrupsie en twyfelagtige wetstoepassingspraktyke, wat die betrokkenes aan ’n baie hoë risiko blootstel.

Die taxibedryf kan wegkom met die verskaffing van substandaard dienste soos…

Navorsers ontdek twee nuwe spesies bosveldaronskelke

As jy gedink het jy het al aronskelke of varkore in al hulle pragtige vorms, groottes en kleure gesien, wag daar ’n verrassing op jou: Twee nuwe spesies is onlangs ontdek in die Sekoekoeniland-bosveld, waar hierdie plante in al hulle glorie in die natuur groei.

Navorsers van die Noordwes-Universiteit (NWU) het, in samewerking met ’n…

NWU kyk verby beurtkrag na volhoubare groener energie-oplossings

Terwyl die huidige uitdagings aangepak word wat deur beurtkrag veroorsaak word, kyk die Noordwes-Universiteit (NWU) ook na langtermyn- volhoubare en groener oplossings vir die opwekking van hernubare energie. Dit sal nie net energiesekerheid verseker nie, maar ook die universiteit se verbintenis tot billike energie-oordrag onderstreep.

Uitnemendheidstoekennings vier die NWU se buitengewone personeel

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het erkenning aan sy uitmuntende personeel verleen tydens die jaarlikse NWU Uitnemendheidstoekenningseremonie, wat op 23 November in Potchefstroom plaasgevind het.

Personeel het erkenning ontvang vir hulle buitengewone bydraes tot onderrig en leer, gemeenskapsbetrokkenheid, en navorsing en innovasie.…

Noordwes-Universiteit gee erkenning aan sy baanbreker-alumni

Die alumni van die Noordwes-Universiteit (NWU) skitter deurlopend op hulle onderskeie kundigheidsgebiede, nasionaal sowel as internasionaal. Die NWU het tien van hierdie merkwaardige beroepslui tydens die universiteit se glansryke geleentheid vir die alumnitoekennings vir uitnemendheid (Alumni Awards of Excellence) op 9 November in Pretoria…

Is dit steeds eties om steenkoolnavorsing in Suid-Afrika te doen?

Terwyl die debat oor die effek van fossielbrandstowwe op klimaatsverandering voortwoed, word indringende vrae oor die gebruik van fossielbrandstof as ’n groot deel van die land se energieproduksiepakket gevra. Nou vra prof Marco le Roux van die Fakulteit Ingenieurswese by die Noordwes-Universiteit (NWU) die volgende: Is dit steeds eties om…

NWU vereer virtuoos prof Herman Hubert van der Spuy

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het ’n eredoktorsgraad aan prof Herman Hubert van der Spuy toegeken vir sy buitengewone bydrae wat gehelp het om die Suid-Afrikaanse musieklandskap te vorm.

Prof Van der Spuy se invloed en bydraes as beoordelaar, eksaminator en adviseur by musiekinstellings regdeur Suid-Afrika het op 26 Oktober aan hom…