Mediavrystellings

Ruimtebiologie gaan ’n eerste vir Afrika wees

Dit gaan ’n eerste vir Afrika wees: Een innoverende tree deur die Noordwes-Universiteit (NWU) en een yslike tree deur die vasteland. Die NWU se Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe is gereed om die navorsingsarea RuimteBiologie@NWU bekend te stel.

Volgens een van die projekleiers, prof Henk Bouwman, gaan hierdie multidissiplinêre…

Sentrum vir Waterwetenskap en Bestuur beskerm ons uiters waardevolle hulpbron

Om oppervlak- en grondwater teen mynaktiwiteite te beskerm, is noodsaaklik om ons ekostelsels, openbare gesondheid en volhoubare waterhulpbronne te beveilig. Dit is waarom die Sentrum vir Waterwetenskap en Bestuur (CWSM) by die Noordwes-Universiteit (NWU) en sy gespesialiseerde span navorsers uiters waardevolle werk doen om ons onontbeerlike…

Stuifmeel-aanvalle as gevolg van uitheemse plante is aan die toeneem en veroorsaak ernstige allergieë

Namate die winter ons verlaat en die lente met sy sonskyn verwelkom word, het duisende “aanvallers” tot aksie oorgegaan om dié deel van die bevolking wat aan allergieë en hooikoors ly, te treiter.

Volgens prof Frank Neumann, vakvoorsitter vir geologie en grondwetenskap by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Skool vir Geo- en Ruimtelike…

NWU hoof en visekanselier vereer met aanstelling as adjunkprofessor by topuniversiteit in VS

Die droom van die Noordwes-Universiteit (NWU) om ’n internasionaal erkende universiteit te wees, het onlangs ’n hupstoot gekry deur die aanstelling van sy hoof en visekanselier as adjunkprofessor by een van die topuniversiteite in die Verenigde State van Amerika.

Die Kollege vir Ingenieurswese by die North Carolina State University (…

Teologie-professor maak vordering met broodnodige diskoers oor kontekstualisering

Prof Alfred Brunsdon van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Teologie het onlangs ’n C2-gradering van die Nasionale Navorsingstigting ontvang. Wat hierdie erkenning noemenswaardig maak, is die nisarea van sy navorsing, wat die teenstrydighede tussen akademiese inhoud en die kulturele kontekste van teologiestudente uit Afrika uitlig.…

Opwindende nuwe era begin vir die NWU

Die inhuldiging van dr Bismark Tyobeka as die derde visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU) is die begin van 'n opwindende nuwe reis vir die universiteit.

Dr Tyobeka, wat sy vyfjaartermyn as hoof en visekanselier op 1 Junie 2022 begin het, is amptelik op 26 Augustus tydens 'n prestigegeleentheid by die Feather Hill Hotel en…

NWU stel nuwe hoof en visekanselier aan

Die Raad van die Noordwes-Universiteit (NWU) is trots om die aanstelling van alumnus dr Bismark Tyobeka as sy nuwe hoof en visekanselier aan te kondig.

Dr Tyobeka, wat as een van die voorste kernkragkundiges in die wêreld erken word, sal vanaf 1 Junie 2022 vir die volgende vyf jaar aan die stuur van die NWU wees. Hy volg in die…

NWU-sterrekyker help om die wonderlike beelde van ’n magiese kosmiese “vuurwerkvertoning” vas te lê

Dit is vinniger as ’n oogknip, groter as ons hele heelal, en pulseer met ondenkbare intensiteit. Dit is een van die energierykste kosmiese gebeurtenisse wat tot op hede vanaf die aarde waargeneem en vasgelê is – ’n skokgolf wat oor 6,5 miljoen ligjaar strek.

Om hierdie magiese “…

Projekspan wil hê dat alle universiteitstudente toegang tot inheemse Afrikatale moet hê

Universiteitstudente wie se moedertaal nie Engels is nie, behoort nie benadeel te word vergeleke met dié wat Engels tuis praat nie. Dit is waarom dit belangrik is om die speelveld ten opsigte van taal gelyk te maak.

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is een van vier tersiêre-onderwysinstellings in Suid-Afrika wat saam met drie Europese…

NWU ontvang gunstige graderings van internasionale agentskappe

Die Noordwes-Universiteit (NWU) sit sy indrukwekkende prestasie op verskeie wêreldwye ranglyste voort met ’n 120ste plek op die 2021 Times Higher Education (THE) Young University Rankings.

Die jongste THE Young University Rankings, wat op 23 Junie 2021 gepubliseer…