Potchefstroomkampus-nuus

Navorsers wys bewaring en ontwikkeling kan hand aan hand gaan

Terwyl Afrika se stede vinnig uitbrei en die druk vir ekonomiese groei toeneem, staan die vasteland se beskermde gebiede voor ’n komplekse uitdaging: hoe om die natuur te bewaar én mense te bemagtig.

By die Noordwes-Universiteit (NWU) werk die Bewaringsgebiede-navorsingsgroep, onder leiding van prof.essore Reece Alberts, prof. François Retief, prof. Claudine Roos en prof. Dirk Cilliers, om juis daardie balans te vind.

“Bewaringsgebiede is die hoeksteen van biodiversiteitsbewaring,” sê prof. Alberts. “Hulle is onontbeerlik om die verlies aan biodiversiteit te keer. Tog moet… Read more

Die ITF se top- junior spelers gaan ’n skouspelagtige tennisgeleentheid aanbied

Die tennisbane op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) gaan weer eens gasheer speel vir van die wêreld se top- junior spelers wanneer twee ITF J100-toernooie hulle eerste houe op 26 Februarie op die bane afslaan.

ITF is die akroniem vir die Internasionale Tennisfederasie, wat die beheerliggaam van wêreldtennis is…

Voordeel, Suzanie Pretorius!

Sy naam is Schalk, Schalk Pretorius. En as dit nie vir Schalk Pretorius was nie, was die Noordwes-Universiteit (NWU) ’n tenniskampioen kwyt.

Jare gelede, in die mielieboergemeenskap van Bothaville, besluit ʼn jong Schalk dat hy gaan begin tennis speel. Goed so, sê ma Erika en pa Vickus, tennis sal jy speel. As die een kind speel, sal die…

Martiné Jordaan trek Protea-keurders se aandag

Sy is allermins ’n hemelbesem, en op die netbalbaan word sy dikwels deur wolkekrabbers omring. Hart en durf word egter nie in sentimeters gemeet nie, en die Noordwes-Universiteit (NWU) se Martiné Jordaan is ʼn vuurvreter op die baan soos min.

Selfs so dat sy die keurders van die Protea-span se oog gevang het, en van 22 tot 28 Januarie…

Saam in die stratosfeer: NWU, NASA en Princeton Universiteit reik na die sterre met die Super Pressure Balloon-projek

Die National Aeronautics and Space Administration (NASA) het op Donderdag 16 April 2023 die Super Pressure Balloon, wat die Superdrukballon-beeldteleskoop (Super Pressure Balloon Imaging Telescope, SuperBIT) vervoer, gelanseer. Die SuperBIT werk in die stratosfeer op ’n hoogte van 40 kilometer bo seevlak.

Die primêre wetenskaplike doel…

’n Gedeelde visie vir die toekoms: ’n betrokkenheid wat ’n nuwe era van samewerking inlui

Die Noordwes-Universiteit (NWU) en die Myngesondheids- en -veiligheidsraad (Mine Health and Safety Council, MHSC) het op Maandag 18 Desember 2023 ’n gesprek gehou om samewerking en die ontwikkeling van ’n verhouding te bevorder wat vir albei partye tot voordeel kan wees.

Die vergadering het by die kantoor van die visekanselier in gebou…

Riaan Venter se troepe breek die USSA-droogte

“Vat ’n blaaskans, asseblief!” skree afrigter Riaan Venter aan die spelers wat hy op die baan by die Fanie du Toit Sportterrein afrig. Dit is die middel van Januarie, ’n maand of wat ná die oorwinning van die Noordwes-Universiteit (NWU) Eagles by die tennistoernooi van Universiteitesport Suid-Afrika (USSA) in Makhanda, vroeër bekend as…

Boek ondersoek anti-apartheid-intellektueel se werk en voortgesette relevansie

Post-apartheid Suid-Afrika het steeds talle onopgeloste probleme en onvervulde beloftes, ten spyte van noemenswaardige vordering op sekere gebiede. ’n Boek oor die werk van die ontslape anti-apartheidsaktivis en intellektueel, Mzala Nxumalo, wat onlangs gepubliseer is, poog om ’n belangrike bydrae te lewer oor die intellektuele werk wat vir…

Honneursprogram in opvoedkundige sielkunde bemagtig steeds Potchefstroom Hospitaal

Die vrugte van ’n agt jaar lange veeleisende gemeenskapsonderneming kan nou duidelik in die Potchefstroom Hospitaal-projek gesien word.  Hierdie onderneming is deurlopend aan die gang gehou deur die onwrikbare passie, toewyding en verbintenis van die personeel wat sedert 2014 daarby betrokke is. Die begin van die projek kan so ver…

Navorser sluit aan by topkardioloë op die SA Heart®-direksie

’n Navorser van die Noordwes-Universiteit (NWU) is gekies om op die direksie van die Suid-Afrikaanse Hartvereniging (SA Heart®) te dien. Hy sal ook op sy uitvoerende en belanghebberkomitees dien.

Prof Ruan Kruger van die Hipertensie in Afrika-navorsingspan (HART) gaan drie jaar lank op die direksie dien. “Dit is ’n baie groot eer. Die…

Ruim skenking van PPS gee stylvolle nuwe voorkoms

Die boonste vloer van die G23-gebou op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) huisves die vakgroep Farmakologie in die Skool vir Farmasie, en ’n navorsingspan van die Pharmacen sentrum van uitnemendheid.

Danksy ’n ruim skenking van die Professional Provident Society (PPS), is die ingang na hierdie vloer opgeknap met…