Potchefstroomkampus-nuus
Navorsers wys bewaring en ontwikkeling kan hand aan hand gaan
Terwyl Afrika se stede vinnig uitbrei en die druk vir ekonomiese groei toeneem, staan die vasteland se beskermde gebiede voor ’n komplekse uitdaging: hoe om die natuur te bewaar én mense te bemagtig.
By die Noordwes-Universiteit (NWU) werk die Bewaringsgebiede-navorsingsgroep, onder leiding van prof.essore Reece Alberts, prof. François Retief, prof. Claudine Roos en prof. Dirk Cilliers, om juis daardie balans te vind.
“Bewaringsgebiede is die hoeksteen van biodiversiteitsbewaring,” sê prof. Alberts. “Hulle is onontbeerlik om die verlies aan biodiversiteit te keer. Tog moet… Read more
Daniels is die NWU Varsitybeker-kaptein
Dames en here, maak julle sitplekgordels vas en sit julle valhelms op: die adrenalienaangedrewe rugbytuimeltrein wat die Varsitybeker genoem word, is net om die draai.
Lincoln Daniels, wat as kaptein aangewys is, sal die Noordwes-Universiteit (NWU) op die veld lei. Hierdie…
Cachet Park CID kan net nog verder groei
Ná jare wat die groter Bult-area in Potchefstroom die primêre misdaadkern van die dorp was, het dit uiteindelik die sektor met die minste kriminele aktiwiteit geword.
Die afname in misdaad in die gebied is die direkte gevolg van die inisiatief van die Cachet Park City Improvement…
NWU en UNESCO-leerstoel vier Oop Onderwys-week met prestigelesing en webinaar
Kunsmatige intelligensie (KI) is ’n belangrike krag agter die ontwikkeling van die Vierde Industriële Revolusie. Die impak gaan nie net beduidend wees op nuwe tegnologiese vorderings nie, maar ook oor die manier waarop onderwys en navorsing in die toekoms gaan plaasvind.
Dit is…
Haar loopbaan as ingenieur vorder met rasse skrede
“As die droom groot genoeg is, is dit nie die feite wat saak maak nie,” sê Alicia Celliers, ’n alumna van die Fakulteit Ingenieurswese by die Noordwes-Universiteit (NWU).
Alicia het van…
MBA-somerstudieskool – tye is aan die verander!
’n Rekordgetal van nie minder nie as 190 MBA-studente het onlangs die heel eerste virtuele Somerstudieskool van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool bygewoon. Prof Jan van Romburgh, die pasaangestelde hoofdirekteur van die Besigheidskool, het die studente en kollegas verwelkom en die…
Leef sy droom uit doer ver in Duitsland
Al ons drome kan waar word as ons die moed het om dit na te jaag. Dit is waar vir Mattheus van Niekerk,, ’n alumnus van die NWU se Fakulteit Ingenieurswese.
Mattheus het van 2009 tot 2012 aan die NWU se Potchefstroomkampus vir sy BIng in…
Studie wys hoe kinders by fisieke aktiwiteit in die klaskamer baat
ʼn Kind se brein en liggaam baat by fisieke aktiwiteite. Dit is weer eens getoon deur ʼn Brain Breaks®-studie wat in agt lande gedoen is en waaraan die Noordwes-Universiteit (NWU) deelgeneem het. Prof Dané Coetzee by die Skool vir Menslike Bewegingskunde het die projek van die NWU se kant af gelei. Die gesamentlike navorsing is in ’n artikel in…
Agter die skerms van ’n pandemie
“Dis ’n leerervaring sonder weerga.” Dit is hoe prof Petra Bester, direkteur van die Afrika-eenheid vir Transdissiplinêre Gesondheidsnavorsing (AUTHeR) by die Noordwes-Universiteit (NWU), die eenheid se blootstelling aan die binnewerking van Noordwes-provinsie se pogings om die Covid-19-pandemie hok te slaan, beskryf. In die vroeë dae van die…
Suid-Afrika post-2020: Covid-19 en die ekonomie (deel 2)
Dit was toe nog nie die nadraai van die storm nie. Die reën stort nog steeds neer, maar Suid-Afrika se ekonomiese skip moet in die rigting van verlore welvaart gestuur word. In hierdie tweede deel van die reeks artikels kyk prof Raymond Parsons van die Besigheidskool aan die Noordwes-Universiteit (NWU) na die wyse waarop die inperkingsmaatreëls…
Suid-Afrika post-2020: Covid-19 en die ekonomie (deel 1)
Die jaar 2020 sal onthou word as een van ongekende onsekerheid, en dit lyk asof 2021 glad nie ’n tree agteruit gaan staan nie. Prof Raymond Parsons van die Besigheidskool by die Noordwes-Universiteit (NWU) gee vir ons ’n vooruitskouing van wat die nuwe jaar vir die Suid-Afrikaanse ekonomie sowel as verbruikers gaan inhou. Hierdie is die eerste…