HART stap vir Wêreldvetsugdag

Die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het op Vrydag 4 Maart Wêreldvetsugdag herdenk. Die Hipertensie in Afrika-navorsingspan (HART) het besluit om by NWU Welstand aan te sluit en het ’n gemaklike stappie deur die kampus gereël om mense van vetsug bewus te maak. Die stap het by die amfiteater op die Potchefstroomkampus begin en deur die kampus gekronkel en weer na die amfiteater teruggekeer. Bonita Maboeta, senior welstandspesialis, sê die universiteit het die NWU Welstand-program in plek as deel van sy verbintenis om die gesondheid en welstand van werknemers te bevorder.

Volgens Wêreldvetsugdag se amptelike webwerf, ly een uit elke ses volwassenes wêreldwyd tans aan hierdie siekte. Vetsug is aanvanklik as ’n probleem vir die meeste ontwikkelde lande beskou, maar dit neem nou op elke vasteland toe. Professor Lebo Gafane-Matemane van HART sê: “Wat nog meer kommerwekkend is, is dat nie net volwassenes se vetsug toeneem nie, maar kinders s’n ook.”

Professor Ruan Kruger en sy span by HART het almal saamgewerk om hulle deel te doen om vir almal gelukkiger, gesonder en langer lewens te verseker. Bewustheidsdae soos hierdie een hanteer ernstige onderwerpe en kry dit reg om dinge steeds prettig te hou. Hoewel ’n bietjie reën hulle stappie daardie dag kortgeknip het, was almal se gemoedstoestand baie goed. Lees hier meer oor hoe jy hierdie siekte die hoof kan bied: www.worldobesityday.org.

.Klik hier vir 'n video

....

Submitted on Tue, 03/08/2022 - 10:11